Verified Reviews
Stellenbosch Central
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Stellenbosch Central
Rated 4.7 out of 5 based on 118 reviews.
"Stellenbosch is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp en het 'n fantastiese warm en gemoedelike atmosfeer met al sy kuierplekkies en koffiewinkels met tafels buite. Cater 100% vir toerisme en baie lekker plek om te kuier, was ideaal vir die Woordfees. Sal Stellenbosch vir seker weer besoek. "
"It's a great holiday destination for socialites. Young people will enjoy the buzz since the University is at the centre of it all. "
"Ons het my dogter geneem om Stellenbosch Universiteit te besoek. Ons is gaande oor die ligging, veiligheid en algemene gevoel van veiligheid wat die gebied bied. Dis beautiful en maklik bereikbaar vanaf die lughawe."
"Baie veilig om rond te stap en die geskiedkundige geboue te besoek. Oral skoon en netjies. Baie sekuriteit gesien. Baie straatkafees en kuierplekke om jouself te geniet. Alle kommoditeite is binne loopafstand."
"Baie om te doen en te besigtig, maar parkering is 'n groot probleem. Indien jy wel een kry, betaal jy R12 per uur met kaart, geen kontant word aanvaar nie."
"Stellenbosch het soveel om te bied van kultuur, natuur tot lekker eet en drink. Beter om die dorp te voet te verken so laat jou kar by die gastehuis, want parkering is skraps. Buite dorp is hoogtepunte Dylan Lewis se beeldhouwerk tuin. Delaire Grass, Babylonstoren, Tokara, Peter Falke, Waterford, bied elkeen 'n unieke ervaring. Probeer ook die Grand Ladies soos Meerlust en Kanonkop. "
"Parkering, parkering, parkering! Dit raak by die jaar met die Woordfees 'n toenemende nagmerrie om gerieflik te parkeer naby aan plekke met vertonings/uitstallings. Die probleem is wel verlig deur die beskikbaarheid van die bussies, hoewel dit baie goeie beplanning en mobiliteit vereis om daarby in te skakel. Dit sou ook gehelp het as die Woordfees liewer geskeduleer sou wees vir wanneer die studente met vakansies weg is!"
"Pragtige dorpie, voel soos Europa met al die kuierplekkies en restaurante binne loopafstand. Heerlike plek om te kuier."