Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Het op 'n stadium deur rioolwater gery en lug het gestink alhoewel dit die mense in die strate duidelik nie gepla het nie. Margate self het baie agteruit gegaan die laaste 10 jaar."
"Winklespruit-strand het soos 'n oop rioolpyp geruik en ons het eerder na Toti gery om bietjie op die strand te kom."
"Ek sal enige tyd weer in Margate vakansie gaan hou, lekker visvangplekke en eetplekke."
"Margate, Uvongo en ander plekke was fantasties en wonderlik. Ons het 'n fantastiese tyd gehad. Marina Beach by Southbroom was die beste waar ons gekuier het. Geen spyt nie."
"The natural surroundings were beautiful. Resort is tranquil, shall definitely return if the chance arises."
"Not sure about Margate, but Ramsgate beach is lovely and all the shops you need are close by."
"Lekker rustige klein plekkie in die middel van alles. Lekker eetplekke in die omtrek. Lekker strand. Naby aan Durban vir 'n dag se uitstappie."
"Alles was daar wat jy nodig het, die regte hoeveelheid winkels en besigtighede, ons was te kort daar, wou meer doen en sien, maar ons tyd was te min."
"Vakansiegangers wat op die strande kuier, was baie morsig. Hulle het rommel orals gesaai, maar het van tyd tot tyd mense sien skoonmaak. Daar is mense wat omgee daar, want jy kan gereeld sien gras word gesny en skoongemaak. Die eiendom word baie mooi na omgesien ook."
"Baie vriendelike en eerlike mensies, veral by Da Laundry. Lekker plekkie om vakansie te hou."
"There are lovely beaches, golf courses, restaurants and a number of attractions in close proximity, to make for an enjoyable stay."
"Margate was nog altyd 'n lekker vakansiebestemming, maar oor naweke raak dit onuithoudbaar met die geraas en gedrinkery. Jy kan nie meer in die aand gaan stap nie, want dit is onveilig. Met die Mardi Gras is dit 'n nagmerrie om by jou woonstel uit te kom as jy onder teen die see bly. Dankie aan die privaatgroep wat Margate en die omliggende gebiede mooi maak."
"Tidy Town's en die gemeemskap het soveel moeite gedoen die laaste ruk met die areas. Skoon strande, veilig vir oud en jonk en almal is vriendelik. Ek is mal oor die Suidkus, dit word weer wat dit was vroeër jare."