Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Bethulie

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bethulie

Rated 4 out of 5 based on 204 reviews.

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Stil dorpie, goed vir geskiedenis-liefhebbers. Word netjies gehou. Kuierplekke gewild onder die inwoners en reisigers. Sluit in by jou reisplan."

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Dit was ons eerste besoek aan Bethulie en ons het nie van die boogbrug oor die Oranjerivier geweet nie. Ook nie van die Kampkerkhof waar baie ouers en klein kindertjies in die konsentrasiekampe vir volk en vaderland gesterf het nie. Dit was wonderlik om dit te besoek. Ons moes egter soek vir aanwysings en moes vir iemand in die dorp die aanwysings vra."

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Netjiese klein dorp met baie geskiedenis."

Bethulie

Ou Vellies Sleap-Inn

"Die dorp is besonder aantreklik met die breë, boomryke strate, en die mense verpersoonlik daardie egte outydse plattelandse vriendelikheid en gasvryheid. Die konsentrasiekamp-kerkhof was 'n onvergeetlike ervaring."

Bethulie

Karoo Pandok

"Bethulie is 'n baie oulike dorpie met baie geskiedenis. Regte boeregemeenskap wat gasvry is. Baie rustig en stil. "

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Besoek die Museum op Bethulie."

Bethulie

Oppie Koppie

"Paaie kort dringende opknapping! Goeie eetplekkies, oulike deli/slaghuis vir biltong en skaapvleis."

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Net een aand oorgeslaap, maar dink die pragtige omgewing het potensiaal as dit bemark word. Baie mense weet nie waar dit is nie. Ek sal graag terugkeer."

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Dit sou wonderlik gewees het om voor die tyd meer te geweet het van Bethulie se besieningswaardighede sodat ons tyd kon inruim om bietjie langer oor te bly en nog meer te kon sien. Aan die anderkant miskien kan ons nou 'n tweede keer daar 'n draai gaan maak. "

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."

Bethulie

Karoo Pandok

"Eerste keer wat ons daar was maar sal beslis weer inloer as die geleentheid hom voordoen."

Bethulie

Pitch-Up S.A.

"Bethulie is 'n perfekte halfpad-oorslaapplekkie Kaap toe. Lieflike pad om te ry en fantastiese brug om te sien, 'n regte geskiedkundige plekkie."

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Meer reisigers behoort deur dorpe soos Bethulie en Philippolis te ry as 'n alternatiewe roete vir die N1. Kom raak stil en geniet hierdie dorpe oor 'n koppie koffie voor jy verder reis."

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Ons eerste besoek aan Bethulie - baie mooi rustige dorpie en die moeite werd om te besoek."

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Bethulie is 'n dorp vol ryk geskiedenis en interessante inwoners. 'n Bestemming vir reisigers wat belangstel in die verlede en kleurryke mense. "

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"What a lovely, clean little village, filled with history and charm. WONDERFUL."

Bethulie

Karoo Pandok

"Bethulie word al hoe meer ontdek en beset met nuwe inwoners. Dis in teenstelling met die agteruitgang van baie ander dorpies in die omgewing."

Bethulie

Oppie Koppie

"Great historical town."

Bethulie

Bethulie Guest Farm

"Die Ou Kar se kos en diens is amazing!"

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Bethulie oulike dorpie en beslis die moeite werd om dit te besigtig."

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Interesting museum."

Bethulie

Old Watchmakers Guest House

"Baie klein dorpie met 'n baie indrukwekkende brug wat die langste brug in SA is."

Bethulie

Karoo Pandok

"Die brug is manjifiek. Bemark dit meer!"

Page
Page 7 - Showing 181 to 204
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!