Verified Reviews
Bloubergstrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bloubergstrand
Rated 4.7 out of 5 based on 958 reviews.
"In terme van veiligheid, sal dit goed wees as die hoofhek wel gesluit kan word in die nag. "
"Ek probeer om in die Bloubergstrand omgewing te bly wanneer ek in Kaapstad is. Dis rustig en het die mooiste uitsig!"
"Blouberg is definitief ons aftreebestemming! Altyd net 'n plesier om daar uit te hang. "
"Bloubergstrand is 'n uitstekende toeristebestemming. Baie mooi met die see en Tafelberg in die agtergrond."
"Baie goed geleë en uitsig asemrowend. Ek was beïndruk met diens vandat ek bespreek het, totdat ek teruggekom het. Sal beslis weer soontoe gaan en LekkeSlaap aanbeveel."
"Genoeg lewe op Bloubergstrand! Winderige en koue weer in die twee dae wat ons daar was, maar nog steeds baie sportiewe mense daar."
"Bloubergstrand is a very tranquil place for de-stressing and re-energizing ones body and soul."
"Bloubergstrand is 'n fantastiese plek om te besoek wat ver genoeg uit die stad is om die stadsrumoer te vermy, maar ook naby genoeg om enige plek vinnig te besoek. Ons van Gauteng voel dat ons in 'n ander land is wanneer ons in Kaapstad is, want dit is pragtig skoon en netjies met baie goeie infrastruktuur."
"Bloubergstrand is enige toeris se droombestemming. Dit is na genoeg aan Kaapstad om die stadslewe te verken en ver genoeg om uit die geraas te bly. Die ligging is baie naby die hoofweg sodat 'n mens maklik in allerlei rigtings kan ry."