Verified Reviews
Burgersdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Burgersdorp
Rated 4 out of 5 based on 27 reviews.
"Die dorpie self is baie mooi tussen die berge. Ons het dit egter net as oornagplek gebruik op pad na PE. Dit is net ver genoeg om die laaste ent pad sonder moeite af te lê. Die paaie in die omgewing is in goeie toestand en ons met gemak die snelheidsperk handhaaf. Ook baie min verkeer op die pad wat ons gery het."
"Baie interessante historiese geboue. Die ingange na dorp is erg rommelbestrooi en aandag moet daaraan geskenk word. Eerste indrukke is dikwels blywend."
"Die dorp self is skoon en netjies. Mal oor die geskiedenis van die dorp, ou geboue en daar was 'n "live jazz show" die Saterdag-aand, wow, die klein plekkie is lewendig. Ons het die grondpaaie om die dorp verken - 'n beeldskone, prentjie-mooi wêreld."
"Wish the municipality would improve on the entertainment/recreational facilities and at least have KFC for fast food, especially for visitors and local community. Create some job opportunities for those in and around the town."
"Die paaie rondom Burgersdorp is in 'n uitstekende toestand. Natuurskoon is asemrowend."
"Burgersdorp is 'n baie klein geskiedkundige dorpie. Ons was op 'n Sondag daar en het nie veel winkels oop gekry nie. Maar dis 'n baie mooi dorpie, ek het veral van die kerke gehou. "
"Baie lieflike dorp. Baie opgewonde om daar te gaan bly. Ons trek middel Januarie 2020 soontoe."
"Eerste oornag. Baie deurritte. Sal graag meer wil ontdek. Lekker platteland. Verval van dorp vanaf Steynsburg moet aandag kry. Dorp egter netjies."
"Husband's home town coming back home for him after years was an awesome experience. Showing his children where he grew up. "
"'n Dorpie met soveel karakter en dit word duidelik met trots onderhou. Heerlik geeet by Hagenhuis - fantastiese atmosfeer!"
"'n Lekker stil bestemming met goeie plaas-akkommodasie soos Hoedklip op die plaas Oudeklip."
"Baie geskiedkundig geboue, vriendelike mense en die Wagenhuis maak heerlike kos."
"Pragtige skoon dorp met vriendelike mense. Is 'n juweeltjie wat nie gepromoveer word nie. "