Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Sleepy little town with some beautiful artistic and food related activities to do. If you want to relax and have peace and quiet, this is the place for it."
"Montagu is 'n lekker dorpie met verskeie goeie restaurante en genoeg winkeltjies om deur te snuffel. "
"Sal volgende keer bietjie langer daar wil vertoef. Een van die juwele van ons land."
"'n Pragtige dorpie met asemrowende sterbelaaide nagte. Net die pad tussen die dorp en die N1 kort nog werk om dit verbruikersvriendelik te maak."
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Beautiful and charming. peaceful, clean, very friendly people, typical Karoo hospitality. safe environment. You can't help but relax and unwind."
"Ongelukkig nou baie droog en natuurlik afgeleë. Nie te veel om te doen, maar baie tyd om te rus."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."
"Vriendelike mense. Baie lekker geëet by T-junction. Die dorp is net baie klein. Daar's genoeg om jou 'n dag besig te hou maar daarna sal jy na n ander dorp moet ry."
"Baie rustige plek, maar so baie om te doen en te sien. Baie lekker eetplekke."
"Wees voorbereid: geen kafees of wegneem ete plekke na ure nie, en min op Sondae. Beplan dus om voor 19:00 in die aand daar aan te kom anders gaan jy honger slaap. Neem muskietwerende goed saam . Die hele land se muskiete kom hier bymekaar wanneer die son sak."