Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Dis jammer dat die meeste plekke toe is oor 'n naweek, maar andersins is dit 'n baie goeie bestemming"
"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Pragtige omgewing. Ons het vir `n dag na Die Hel gery. Die bergpas is skrikwekkend, maar ook asemrowend. Heerlike etes gehad by die Swartberg Hotel."
"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."
"Die ondervinding by die Four Cousins en Paul Renee Bubbly Festival was wonderlik. Ek kan nie regtig kommentaar lewer oor die res van Robertson nie, behalwe dat dit baie rustig is en lyk na 'n lekker dorp om in te bly. Dit is ook nie te ver van Kaapstad af nie."
"Baie om te geniet en te besigtig in en om Prins Albert. Bly ten minste 3 dae om so veel moontlik te benut."
"Mooiste, skoonste, vriendelike dorpie in die Klein Karoo. Uitstekende verblyfopsies, op plase ook. Pragtige omgewing, goeie eetplekke, warm bronne, gerieflike Spar. "
"Interessante ou plekkie. Hulle port is uitstekend. Die seweweekspoort is asemrowend. Die berge in die omgewing baie interessant."
"Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom! "
"Wat 'n lekker dorp. In die toekoms sal ons beslis langer bly in Prins Albert."
"Dis jammer om te sien dat instellings soos die kerk en skool momentum verloor. Dis nooit goed vir 'n gemeenskap nie. Wat natuur en omgewing aanbetref, is dit iets om te geniet."
"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."
"Robertson is 'n mooi dorp wat baie het om te bied. Baie gerieflike winkels, kelders in die omgewing en mooi natuurskoon."
"Always a pleasure to be in the area. Friendly people and need I add some of the best wines."