Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Cape Route 62

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62

Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.

Prince Albert, Cape Route 62

The Prince Albert Garden Guest House

"Prins Albert offers an excellent product. Their marketing is effective and the different entities complement each other very well. We were pleasantly surprised at what Prins Albert offered."

De Rust, Cape Route 62

Gumtree Manor

"De Rust is prentjiemooi met pragtige natuurskoon en baie interessante winkeltjies. Jammer van die klomp bedelaars wat mens lastig val sodra jy uit jou motor klim."

De Rust, Cape Route 62

House Martin Lodge and Self Catering

"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."

Calitzdorp, Cape Route 62

The Queen of Calitzdorp

"Enige reisiger moet een of ander tyd in sy lewe 'n draai maak op Calitzdorp. Die munisipaliteit kan gerus meer moeite doen met die voorkoms van die dorp. Veral die teerpaaie het baie aandag nodig."

De Rust, Cape Route 62

The Travelling Tortoise Retreat

"De Rust is baie meer werd as net 'n deurry."

Prince Albert, Cape Route 62

Huis Adriaann

"Ongelooflike dorpie met so baie om te doen en te sien!"

Prince Albert, Cape Route 62

Lavenders

"Prins Albert is 'n juweel in die Karoo. Die dorp is skoon, die mense vriendelik en behulpsaam. Een van die pluspunte vir ons was die feit dat die winkels in die hoofstraat aansluit by die boustyl van die dorp, geen helder geverfde geboue om winkelname te adverteer nie!"

Prince Albert, Cape Route 62

Miller's House

"Baie rustige en mooi dorpie. Definitief 'n besoek werd vir so twee dae."

Prince Albert, Cape Route 62

Onse Rus Guest House

"Baie lekker plekkie. Ry gerus oor die pas. Moeite werd."

De Rust, Cape Route 62

Olivier's Rust

"De Rust is 'n klein dorpie met 'n voorraad natuurskoon sommer op die voorstoep. Genoeg winkeltjies om rond te snuffel. As ons net weer die spoorweë aan die gang kan kry, sal die groot lorries nie pla nie. (Nie net in De Rust nie.) Ons het lekker gekuier."

Ceres, Cape Route 62

Village Guesthouse & Restaurant

"Ceres is a great destination, but lacks slightly in good restaurants."

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"So lekker om weer in so 'n plattelandse dorpie te kon wees, waar jy nog in die middel van die straat kan afstap en diere op die kleinhoewes in die dorpie te sien. Die mense is bevoorreg om nie so 'n gejaagde lewe te lei nie soos ons in die stad nie."

Montagu, Cape Route 62

Somerset Lodge

"Sal graag volgende keer meer tyd hier wil spandeer. Mense is vriendelik en die berge mooi."

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof Onverwacht Flora

"Ek moet spesiaal meld dat die dame by die inligtingskantoor in McGregor uiters hulpvaardig en ingelig is. Sy is haar gewig in goud werd."

Prince Albert, Cape Route 62

At 85 on Church

"Prins Albert is 'n wonderlike klein dorpie met die egte Karoo gevoel. Baie lekker wegkomkans!"

Prince Albert, Cape Route 62

Swartberg Cottages

"Fantastiese kos. Vriendelike mense! Pragtig!"

Prince Albert, Cape Route 62

Prince Albert Country Stay

"Ons was werklik verras met Prins Albert. Dit is die mooiste dorpie ek wens elke dorpie in ons land kon so lyk."

Prince Albert, Cape Route 62

Yellow House

"Ons het ons besoek aan die dorpie baie geniet. My vrou het Sondag siek geword. Geen probleem om 'n dokter te vind nie. Hy het dan ook die apteker gevra om die voorskrif vir ons voor te berei. Wat meer wil jy hê? 'n Rit teen Swartbergpas uit is natuurlik 'n moet."

Calitzdorp, Cape Route 62

Anna Sophia Cottages

"Wat 'n lieflike Karoo-dorp! "

McGregor, Cape Route 62

Boesmanskloof - Die Galg Accommodation

"Wat 'n lieflike, vriendelike dorpie. Ek het nogal gesê ek sal in McGregor bly en in Robertson werk as dit so sou kon wees. Mense mense en wat treffend was om elkeen 'n kans te gun om sy besigheid sukselvol te maak, is die feit dat elkeen spesifieke unieke items verkoop, nie een winkel is 'n copy of het copies van ander nie.... eintlik 'n groot les hieraan."

Prince Albert, Cape Route 62

Dennehof Karoo Guesthouse

"Ons is baie lief vir Prins Albert en geniet dit om weg te breek vir 'n naweek daar."

Robertson, Cape Route 62

Tranquillity Self-catering Accommodation

"Die dorp is baie sentraal geleë en 'n mens kan met groot gemak jou uitstappies so beplan dat jy sonder om onnodige lang afstande te ry tientalle besienswaardighede in die Bolandse dorpies besoek!"

Robertson, Cape Route 62

Wederom Hanepoot Huisies

"Ons gunsteling Boland-dorp. Baie om te doen en die wynlande en wynplase is werklik beeldskoon ongeag die tyd van die jaar."

De Rust, Cape Route 62

House Martin Lodge and Self Catering

"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"

Cape Route 62

River View Cottages

"Besig om agteruit te gaan. 'n Paar padstalletjies was met vorige besoeke uitstekend en toe verander van eienaar, en nou nie meer dieselfde nie. Baie jammer maar seker die gang van dinge."

Prince Albert, Cape Route 62

At 7 van Dyk

"Bitter oulike plekkie. Mis net 'n eetplekkie waar kinders ook lekker kan speel."

Prince Albert, Cape Route 62

Onse Rus Guest House

"Bly 'n dag langer as wat jy beplan, op Prins Albert is meer om te doen as wat jy dink. "

Page
Page 146 - Showing 4351 to 4380
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!