Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Oulike dorpie en goeie afstand van vele groter dorpe in die omgewing soos Oudtshoorn, Stilbaai en selfs Mosselbaai en George. Pragtige plase in die omgewing."
"Trotse Karoo-dorp. Netjies en skoon. Heerlike restaurante met goeie diens en goeie kos. Beslis 'n plek om op jou "moet besoek" lysie te sit."
"Baie oulike klien dorpie met kunswinkels en restaurante met karakter."
"Dit is 'n juweel van 'n dorpie waar mens lekker bly en eet. 'n Gerieflike oorstop op pad na Kaapstad."
"Ceres is pragtig. Hoewel ons slegs vir besigheid daar was, is die landskappe en areas rondom Ceres pragtig."
"Lily's Rest het perfekte ligging gehad vir ons kuiertjie met 'n pragtige uitsig oor die mooiste berge. Die omgewing is so mooi skoon, netjies en goed onderhou."
"Ons was buite seisoen daar, maar het nogtans die toeristegeriewe geniet. Oorgenoeg om te sien en te doen!"
"Pragtige dorpie en 'n moet-besoek in Suid-Afrika, sou graag 4 uit 5 wou gee, net jammer die plaaslike munisipaliteit gee te min aandag aan McGregor, maar dankie vir die plaaslike inwoners, en ander betrokkenes wat uithou en versorg."
"Die eienaar van die Kredouw Fijnhuis het baie kennis en inligting. Mense kan met gemak na hom verwys word as hul daar besoek aflê. 'n Ete by die hotel is 'n groot pluspunt. "
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense. Baie mooi verblyfplekke en genoeg eet- en kuierplekkies. Interessante winkeltjies om oulike snuisterye by uit te snuffel. Mikro Sentra het ook alle kruideniersware wat mens ook al mag nodig het. De Rust is baie sentraal geleë vanwaar mens in elke rigting baie plekke kan besoek."
"Bo plaas en De Krans is moeite wêrd om te besoek. Redstone grondpad en vallei baie mooi."
"Baie om te doen in Ceres. Die omgewing en die natuur asemrowend. Die Zipsliding was ons hoogtepunt."
"Baie mooi dorpie, skoon netjies en mens voel veilig. Lekker eetplekke en winkels. Gaan verken die omgewing dit is stunning. Ry gerus van De Rust op die grondpad na die Kango-Grotte - die omgewing is net mooi, Meiringspoort is ook baie naby."
"Safe, excellent restaurants, many local activities and places to visit. Also recommend an historical bike tour of the town with Flying Feet."
"Baie mooi en netjies, as daar 'n kafee kan oop wees op 'n Sondagmiddag kan dit beter wees."