Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"'n Versteekte diamant vir almal wat lief is vir 'n goeie wegbreek uit die stad se gedruis."
"Calitzdorp is my hartsplek aangesien my wortels daar lê - dit is 'n rustige, beeldskone dorp waar mens die vrede van die Klein Karoo ten volle kan ervaar. Daar is restaurante en wynkelders vir die fynproewer en wynkenner, asook talle besienswaardighede. Net die dorp om jou batterye te herlaai voor jy terugkeer na die stadsgewoel."
"Pragtige dorp, netjies en skoon. Vriendelike mense. Kos by Swartberg Hotel se restaurant - uitstekend!"
"Baie mooi dorpie om te besoek en die Swartbergpas en Meringspas is asemrowend om te ry. Baie vriendelike gemeenskap."
"Lovely Boland town, extremely neat and tidy throughout. It can get very hot in summer, but lovely walks with views of the fruit orchards surrounding the town."
"Baie rustige en veilige plek. Sommige inwoners kuier baie lekker en baie luid oor naweke."
"Great little town, and congrats to the best coffee shop in town, The Lazy Lizard, still going after all these years and still the best food and apple pie!"
"De Rust is bietjie uit die pad uit, veral as jy as toeris wil wees. Hoe meer mense deur die dorp kan ry, hoe meer sal klein besighede oop kan bly en hul dra in die wintertye."
"Baie mooi dorp. Jammer ek kon nie die ou Engelse Ford as gevolg van padwerke besoek nie."
"So 'n lekker plek vir 'n wegbreek, maar die weer bly maar 'n faktor. Dit is óf baie warm óf baie koud, maar steeds heerlik."
"Die diens by Boplaas Kelders was maar swak, die personeel het ons laat wag en toe ons uiteindelik gehelp is het hulle nie baie entoesiasties gelyk nie."
"Daar moet 'n sentrum wees waar ons meer oor Montagu en omgewing kan uitvind. Ons het rondgery, maar daar was nie veel te sien nie."