Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"Pragtige dorpie! Amper elke 2de huis bied akkommodasie en die tuine is asemrowend!"
"Verskeie stopplekke wat 'n moet is vanaf Robertson tot Ladismith. Bring genoeg tyd saam om alles te verken."
"Calitzdorp is ons hartsplek met die mooiste natuurskoon, vars lug en opregte, vriendelike inwoners. Daar is oulike en unieke eetplekkies, historiese geboue en natuurlik die wynkelders wat 'n besoek aan hierdie dorp 'n onvergeetlike ervaring maak."
"Ons wou graag Meiringspoort van noord na suid deurstap. Barry het ons ’n geleentheid gegee tot by die Klaarstroom ingang na die Poort en ons kon toe Meijer's Rust toe terugstap. 'n Pragtige staproete. De Rust is n pragtige en vriendelike dorpie met heerlike winkels en eetplekke."
"Ons is bietjie vinnig deur Robertson, maar die wyne reg rondom is 'n wenner."
"Ideale dorp vir afsaal en kuier en rus vind vir jou siel in 'n pragtige omgewing met wonderlike natuurskoon."
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"
"The museum is a must visit. Zamani is a hidden gem with friendly people and good food."
"The Bakhuis restaurant at the edge of town is the best place to eat. Great food served right next to olive orchards."