Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Pragtige klein Karoodorpie met soveel karakter. Pragtige ou huisies, heerlike wyn, veilige gevoel waar jy ook al loop. Vriendelike mense, sal beslis weer daar gaan kuier."
"Prins Albert is 'n mooi Karoodorpie, maar nie 'n plek waar ons meer as 'n dag sal wil deurbring nie. Ons het egter heerlike kos en baie goeie diens by The Rude Chef gekry."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Ceres is 'n industriële dorp, mense jaag, maar van een punt na 'n ander en is nie eintlik ingestel op toeriste nie. Die berge is pragtig en indrukwekkend, maar ons kon nie 'n stil plek iewers kry om dit te geniet nie."
"Beautiful scenery, interesting little shops, historic buildings and good wine at reasonable prices."
"Montagu is 'n plattelandse lafenis vir die siel! Soveel om te sien en te doen met 'n pragtige natuurskoon waar jy rustig uit die stad kan wegbreek en ontspan."
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"'n Pragtige, karaktervolle dorp met die mooiste huise! 'n Uitstekende keuse vir 'n wegbreek van die stad se gewoel."
"'n Besonderse groot verskeidenheid van aktiwiteite vir so 'n klein dorpie."
"Prins Albert is 'n pragtige Karoo dorpie en definitief 'n besoek werd. Het ook heerlik geëet by die hotel."
"Prince Albert is is pragtige dorpie. Sal eendag weer daar wil oorbly vir 'n paar dae."