Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"Prins Albert is Suid Afrika se mooiste juweel. So eerlik en opreg, skoon en netjies, mense is hartlik. Hoop toerisme tel op vir al die kunstenaars en restauranteienaars wat so swaar trek! Vasbyt ons is mal oor Prins Albert!"
"Skoon, netjies, al die geboue is pragtig versorg, vriendelike mense en goeie diens by al die winkels en eetplekke."
"Interesting town with a lot of history. Olive farm visit and Swartberg Pass a must. Unfortunately the Donkey Reserve is closed due to Covid."
"Daar is lekker dorpies en doen goed op die R62, maar dit word bietjie 'misbruik' aangesien almal weet dat die toeriste kom. So wees versigtig vir die 'tourist traps' waarvan daar baie is."
"Wat 'n besondere juweel. Die dorp en omgewing is gefokus daarop om dit 'n toeristebestemming duisend te maak!"
"Maak tyd vir hierdie pragtige dorp. Draai af van R63 en ry in Bathstraat. Parkeer, loop rond en besoek die plattelandse winkels en eetplekke. Beslis die moeite werd."
"Ek is oorspronklik van Robertson. Ek sal altyd mense verwys na Robertson toe omdat ek weet dat dit 'n verskriklike mooi plek is, en mense van buite dit altyd sal geniet."
"Dit is 'n spesifieke omgewing met genoeg verskeidenheid. Ons sal graag weer besoek."
"Pragtige omgewing met baie om te sien en doen in die omgewing. Ons kom definitief terug."
"Skilderagtige, mooi plek - die huisies is almal so goed versorg. Die begraafplaas is pragtig na omgesien. Ons gaan gereeld Montagu toe, dis skoon en pragtig daar met gasvrye mense."
"In Montagu is daar meer om te doen as wat dit op die oog af mag lyk. Bo en behalwe die warmwaterbronne is daar talle ontspanningsgeleenthede. Die groot en vol karavaanpark is 'n duidelike bewys dat talle mense al bewus is hiervan. Doen maar die navorsing."
"Puil ligging vir verkenning van daai deel van die Kaap. Groot dorp met alles wat mens nodig het."