Verified Reviews of Clarens

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens

Rated 4.7 out of 5 based on 1745 reviews.
Ryno A. - 18th June 2019
staying in Clarens
Clarens het baie verander oor die jare, as 'n baie populêre toeristebestemming. Die dorp besit nog steeds een van die lekkerste ervarings van klein kunstenaarsdorpies waaraan 'n mens kan dink. As gevolg van die baie hoë volume besoekers oor naweke, dink ek sukkel sekere ondernemings met die toeneming en dienslewering lei daaronder - veral by sekere klein koffiewinkels en restaurante. Clarens is uniek en ons sal weer die dorp besoek!
Amanda C. - 18th June 2019
staying in Clarens
Clarens is 'n rustige kunstenaarsdorpie met baie eet- en drinkplekke met die allerpragtige kuns en ander snuisterye om te koop. Die berge na Golden Gate se kant toe is iets om nie te mis nie. Beslis die moeite werd vir 'n rustige wegbreek in die natuur.
Pieter V. - 18th June 2019
staying in Clarens
Clarens en die natuurskoon is die tipe plek wat in jou hart nesskop en veroorsaak dat 'n mens onttrekkingsimptome ervaar wanneer jy nie gereeld daar gaan kuier nie.
Colleen C. - 18th June 2019
staying in Clarens
Quaint, beautiful little town! Too touristy on weekends though (too full), would love to visit for a more quieter break during the week to see Clarens and its people in their everyday environment.
Reauliza V. - 18th June 2019
staying in Clarens
Parkering raak aan die skraps kant en van die plekke se pryse is baie duur. Die Saterdagmark is altyd opwindend.
Amorie V. - 18th June 2019
staying in Clarens
Lieflike plek vir 'n wegbreek van die huis af of van die stad af net om te ontspan sonder die gejaag.
Marietjie V. - 18th June 2019
staying in Clarens
Clarens is 'n lieflike klein dorpie wat groot genoeg is om aan almal se behoeftes te voldoen.
Edwin V. - 18th June 2019
staying in Clarens
Clarens is 'n klein dorpie, maar met die in ry kon ons sien hierdie is nou n plek wat vir almal iets bied. Ons kon nie glo hoe besig en gesellig dit was toe ons Saterdag 'n draai gaan maak het om te sien wat aangaan nie. Regtig 'n groot belewenis om te sien hoeveel mense daar was.
Annemarie D. - 18th June 2019
staying in Clarens
Ons gaan gereeld, en geniet die stap roetes en eetplekke.
Willien F. - 18th June 2019
staying in Clarens
Pragtig geleë en heerlike restaurante en winkeleienaars warm en gasvry.
Marie B. - 11th June 2019
staying in Clarens
Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer.
Johan B. - 10th June 2019
staying in Clarens
A gem in the Free state.
Erika V. - 6th June 2019
staying in Clarens
Pragtige plek.
Hannetjie K. - 6th June 2019
staying in Clarens
Pragtige plekkie!
Francois V. - 5th June 2019
staying in Clarens
Lieflike omgewing. Lekker eetplekke en vriendelike mense. Nuwe gunsteling wegbreek bestemming.
John Bruce A. - 4th June 2019
staying in Clarens
Clarens needs no introduction. It is a town geared towards tourism with plenty to do, lots of restaurants, and set in one of the most beautiful parts of our country.
Tertius L. - 4th June 2019
staying in Clarens
Net jammer die slaggate in die dorp begin so erg raak, mens kyk hoeveel besoekers die dorp en besighede besoek en ondersteun. Verder een van ons gunsteling dorpies te besoek, vir al vir wegbreek naweek.
Hilda S. - 3rd June 2019
staying in Clarens
Ek het my bedenkinge oor Clarens as toeristebestemming. Ek kry die idee dat toeriste uitgebuit word omdat die dorp so bekend geword het.
Elschen S. - 3rd June 2019
staying in Clarens
Clarens is pragtig veral as jy van die buitelewe hou of kuns geniet. Dis 'n klein plekkie en 'n goeie plek om weg te kom van die besige lewe van die stad. Almal is baie vriendelik en daar is baie om te doen veral as jy avontuurlustig is veral in warmer maande. Dis 'n unieke dorpie waarheen ons gou na sal wil terugkeer vir 'n kuiertjie.
Ray B. - 3rd June 2019
staying in Clarens
Bly maar die juweel van al die naweekwegbreke vir Johannesburgers!
Lorieta S. - 3rd June 2019
staying in Clarens
Baie besig.
Maria S. - 1st June 2019
staying in Clarens
Dit is die Mekka van die Oos-Vrystaat. Met so ’n geweldige inkomste oor naweke kan die stadsraad darem net die hoofstraat weer opknap.
Tom M. - 30th May 2019
staying in Clarens
Lewendige vakansie-dorpie oor naweke - soos Parys, Dulstroom en in 'n sekere sin, Cullinan. Baie aangename eetplekke. Mooi omgewing. Oos-Vrystaatse sekondêre paaie meestal 'n nagmerrie.
Johan P. - 28th May 2019
staying in Clarens
Baie vriendelike en aangename plek om weg te breek.
Willie K. - 28th May 2019
staying in Clarens
Daar kort net perdekarre. Sal parkeerterrein aanbeveel vir naweke. 10/10. Dit bly 'n pragtige dorpie en omgewing.
Francois Z. - 27th May 2019
staying in Clarens
Die Golden Gate is 'n groot aanwins vir die dorp. Dit is 'n pragtige omgewing. 'n Mens kan God se hand in alles sien daar.
Letsie C. - 27th May 2019
staying in Clarens
Baie lekker gekuier! Sal weer soontoe gaan!
Conrad D. - 27th May 2019
staying in Clarens
Love Clarens - amazing little spot! Roter Hahn is my absolute favourite place to eat and a must when in Clarens!
Brenda N. - 20th May 2019
staying in Clarens
Baie mooi en stil dorpie.
Dirk K. - 19th May 2019
staying in Clarens
As jy wil rus, gaan na Clarens.
Elize D. - 18th May 2019
staying in Clarens
Die herfskleure het dit nog meer van 'n juweel gemaak as gewoonlik. Die mense is vriendelik en behulpsaam. 'n Plek om jou longe en jou kop skoon te maak. God se Skepping op sy beste.
Pieter D. - 15th May 2019
staying in Clarens
Sommige winkels het geen kameras toegelaat, sou nice wees om mense by die huis te wys waarvan ons gepraat het, maar verder awesome.
Thea S. - 14th May 2019
staying in Clarens
Een van die mooiste plekke in Suid-Afrika.
Lindie M. - 14th May 2019
staying in Clarens
Lieflik!
Daniella V. - 13th May 2019
staying in Clarens
Dis soos detox vir mens se siel.
Trudy C. - 13th May 2019
staying in Clarens
It was a bit disappointing that a lot of the shops were closing at around 16:00 on a Saturday.
Brett N. - 13th May 2019
staying in Clarens
Oulike dorp en lekker kuier- en eetplekke.
Dirk U. - 13th May 2019
staying in Clarens
Absolute beauty. This is a must see in South Africa.
Dawie V. - 12th May 2019
staying in Clarens
Bo en behalwe die winkels in die dorp, moet die omgewing beter bemark word. Daar is b.v. 'n lekker fietsryroete na Fouriesburg, 'n staproete na die dam in die kloof, die uitlaat van die hoogland waterskema op pad na Bethlehem, kaas en ander plase in die omgewing, ens. Die ronddrentelende bedelende persone voor die winkels en in die strate het my geïrriteer en daar kan gerus 'n plan gemaak word om die atmosfeer 'n bietjie te verbeter deur die hulle te laat verwyder.
Zelda T. - 10th May 2019
staying in Clarens
Awesome dorp.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]