Verified Reviews of Colesberg

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Colesberg

Rated 3.92 out of 5 based on 912 reviews.
Francois P. - 21st September 2017
staying in Colesberg
Oornagbestemming definitief!
Elta V. - 13th September 2017
staying in Colesberg
Beste in Colesberg!
Andre P. - 31st August 2017
staying in Colesberg
Wil nog die Gariep- en VanderKloofdam besoek.
At S. - 28th August 2017
staying in Colesberg
Ek sou dit net as oorslaapfasiliteit aanbeveel.
Gwyneth C. - 27th August 2017
staying in Colesberg
Perfect stopover on a long trip to Cape Town.
Dries D. - 27th August 2017
staying in Colesberg
Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens.
Leon F. - 22nd August 2017
staying in Colesberg
We slept there on our way back again.
Janine R. - 21st August 2017
staying in Colesberg
Baie geskiedenis, my gesin het die Boudair eetplek geniet met sy outydse voel.
Mike B. - 19th August 2017
staying in Colesberg
Baie lekker oornag bestemming.
Pieter Z. - 14th August 2017
staying in Colesberg
Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg.
Annora E. - 14th August 2017
staying in Colesberg
Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke.
Tania B. - 13th August 2017
staying in Colesberg
Goeie plek om te stop op pad Kaap toe.
Jan F. - 3rd August 2017
staying in Colesberg
Netjiese dorp met genoeg om te sien en aangename restaurante.
Ulandi J. - 31st July 2017
staying in Colesberg
Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!
Yvonne V. - 28th July 2017
staying in Colesberg
Interesting history but not for a holiday destination, rather a stopover!
Frederik M. - 26th July 2017
staying in Colesberg
Hou maar by die spoedgrens.
Braydon D. - 24th July 2017
staying in Colesberg
Colesberg is 'n rustige dorpie, met pragtige ou huise. Net bitter koud in die winter.
Henda V. - 22nd July 2017
staying in Colesberg
Colesberg is geleë in die pragtige Karoo met vriendelike en besondere mense. Dis 'n interessante plek met baie toerisme-bates, maar sal beslis aan sy voorkoms (bv.talle vervalle geboue en netheid van die strate), moet aandag skenk sodat die dorp weer tot sy vroeëre status herbou kan word! Die toestand van sommige strate verdien ook dringend aandag.
Henda V. - 22nd July 2017
staying in Colesberg
Colesberg is ideaal geleë byna halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg; dit maak dit dus 'n ideale toeristebestemming en veral oornagplek. Dis 'n interessante dorp met sy bekende plattelandse gasvryheid en interessante mense! Die dorpsraad sal egter die talle vervalle geboue in veral die hoofstraat moet opknap/stroop, aangesien dit die voorkoms van die dorp ernstig benadeel. Vullisverwydering is vervolgens 'n besliste probleem. Met intensiewe aandag behoort Colesberg beslis 'n skoner en nog meer uitnodigende dorp te wees.
Jaco G. - 17th July 2017
staying in Colesberg
Die Plattelanders Restaurant was gesellig. Bietjie besig, maar nog lekker.
Johannes K. - 6th July 2017
staying in Colesberg
OK Basaar is goed toegerus.
Astrid B. - 5th July 2017
staying in Colesberg
Alhoewel daar heelwat besienswaardighede is, sal ons nie daar wil vakansie hou nie. Dis 'n mooi plattelandse dorpie.
Jeanetta J. - 5th July 2017
staying in Colesberg
Ons was baie verras met die skoon strate en 'n heerlike ete by Platteland Restaurant.
Willem P. - 3rd July 2017
staying in Colesberg
Baie aangenaam verras gewees met die eetplekke in die dorp.
Dirk R. - 27th June 2017
staying in Colesberg
Ons bogenoemde oordeel is volgens ons eie waarneming. Ek het gedink dit is 'n pragtige dorpie met versteekte juwele, maar moet sterker bemark word. (Dalk mis ek die bemarkingspogings, dan vra ek omverskoning.) Baie ken en sien Colesberg slegs as 'n oornag- en/of brandstofpunt, terwyl die dorpie is eintlik versteek agter die koppies met pragtige besienswaardighede.
Gerrie K. - 22nd June 2017
staying in Colesberg
Netjiese dorp.
Ian V. - 22nd June 2017
staying in Colesberg
We use Colesberg as an overnight stop on N1 but have always had a pleasant stay and found adequate places to eat.
Harry C. - 13th June 2017
staying in Colesberg
Colesberg central to overnight, very peaceful and good eating places.
Heike E. - 9th June 2017
staying in Colesberg
Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area.
Johan M. - 5th June 2017
staying in Colesberg
Mooi, rustig,vriendelike besigheidsmense.
Anria K. - 31st May 2017
staying in Colesberg
Gaan gerus na Bordeux of Plattelander vir lekker Karookos.
Pieter R. - 11th May 2017
staying in Colesberg
Wonderlike restaurant, genaamd Plattelander, met heerlike kos en vriendelike diens. hoogs aan te beveel.
Erhard S. - 4th May 2017
staying in Colesberg
The ideal almost half-way stopover to Cape Town and back.
Jan M. - 4th May 2017
staying in Colesberg
Stil plekkie met heerlike lamsvleis.
Almarie V. - 3rd May 2017
staying in Colesberg
Baie klein en koue dorpie, maar danksy Spes Boma was dit die moeite werd.
Francois L. - 2nd May 2017
staying in Colesberg
Sal graag meer tyd daar wil spandeer.
Dirk V. - 1st May 2017
staying in Colesberg
Goeie halfwegplek tussen die Kaap en Pretoria.
Steffen H. - 29th April 2017
staying in Colesberg
Mooi huisies, mooi kerke. 'n Halfpadstasie wat van alle geriewe voorsien.
Koos B. - 23rd April 2017
staying in Colesberg
Pragtige skoon dorp. Doen so voort.
Ronell R. - 19th April 2017
staying in Colesberg
Goed geleë vir oornag op langpad.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com