Verified Reviews of Colesberg

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Colesberg

Rated 3.92 out of 5 based on 1102 reviews.
Flossie C. - 11th January 2016
staying in Colesberg
Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is.
Adriaan S. - 11th January 2016
staying in Colesberg
'n Mooi dorp met baie geskiedenis.
Gerda V. - 8th January 2016
staying in Colesberg
Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik.
Covanni H. - 6th January 2016
staying in Colesberg
Ons het baie lekker gebly en die restaurante in die omgewing, naamlik Plattelander is hoogs aanbeveelbaar.
Sherene; C. - 6th January 2016
staying in Colesberg
There isn't much advertising as what to do in and around Colesburg, but it it is a good place to overnight in between long distances.
Marieth B. - 6th January 2016
staying in Colesberg
Ons het net daar oornag oppad terug van die Kaap af, ons het die wonderlikste ete by Bordeaux Restaurant geniet! Baie gasvrye eienaar, goeie diens en natuurlik die kos was voortreflik!
Anton V. - 6th January 2016
staying in Colesberg
Stil maar netjies.
Janine C. - 6th January 2016
staying in Colesberg
Goed geleë.
Elsabé V. - 5th January 2016
staying in Colesberg
Ek sou Colesberg nie spesifiek as 'n goeie toeristebestemming beskryf nie. Die enigste rede hoekom ons daar stop is omdat dit 'n goeie halfpad-stopplek is oppad terug Johannesburg toe.
Jenny D. - 5th January 2016
staying in Colesberg
Ek het respek vir die inwoners van Colesberg wie hul eie wonings in gastehuise omskep het. Sodoende het van die inwoners van Colesberg bygedra tot 'n nuwe plaaslike ekonomie. Dit is 'n groot en eerbare prestasie!
Liana F. - 5th January 2016
staying in Colesberg
Ons het maar daar deur gery maar dit is 'n baie oulike dorpie.
Marchelle S. - 4th January 2016
staying in Colesberg
Lekker oorslaapplek. En skoon dorp met vriendelike mense.
Johan N. - 4th January 2016
staying in Colesberg
Ek sal graag JC's Pizzeria en Pub vir reisigers aanbeveel, heerlike kos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. Dit is selfs troeteldiervriendelik.
Tersia C. - 2nd January 2016
staying in Colesberg
Colesberg is mynsinsiens nie 'n toeristebestemming as sulks nie, maar 'n lieflike oorblyplek op pad kus toe.
Annelize A. - 30th December 2015
staying in Colesberg
Die Plattelander is uitstekend!
Hendrieka K. - 21st December 2015
staying in Colesberg
The Horse and Mill se binnehof was 'n lafenis vir ons en die vele suikerbekkies in die rankplant. Middagete by Bordeaux onder die 100-jaar oue wingerd was lieflik! Daar was baie reisigers met klein kindertjies wat heerlik op die klimrame baljaar het. Ontbyt by Plattelander was 'n goeie begin vir die dag. Kos en diens was onverbeterlik. Reisigers moet dalk net mooi dink oor die impak daarvan om vir die vele kinders op die straat geld en soetgoed te gee, want dit was vir ons 'n probleem.
James T. - 20th December 2015
staying in Colesberg
Lekker oorslaapplek op pad na jou eindbestemming.
Theone C. - 19th December 2015
staying in Colesberg
Het ongelukkig nie tyd gehad om deur dorp te gaan nie.
Petrea S. - 17th December 2015
staying in Colesberg
Will recommend this to anyone.
Dries D. - 15th December 2015
staying in Colesberg
Baie sentraal geleë en 'n gerieflike ruspunt vir reisigers.
Leilani P. - 12th December 2015
staying in Colesberg
Ideale "pitstop" op pad Kaap toe.
Harry D. - 8th December 2015
staying in Colesberg
Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe.
Marie-therese L. - 7th December 2015
staying in Colesberg
Hoewel Colesberg vir meeste reisigers net 'n oornagbestemming is, het die dorp 'n vriendelike gemeenskap en interessante aantreklikhede, veral vir geskiedenisliefhebbers.
Me'lies S. - 4th December 2015
staying in Colesberg
Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek.
Gene V. - 3rd December 2015
staying in Colesberg
Goed geleë.
Valerie K. - 29th November 2015
staying in Colesberg
Lieflike Klein Karoo dorpie, met vriendelike mense.
Theo S. - 28th November 2015
staying in Colesberg
Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis.
Dirk C. - 27th November 2015
staying in Colesberg
Net deurgery en oornag.
Riaan S. - 24th November 2015
staying in Colesberg
Die Plattelander is 'n great eetplek in die dorp.
Anton V. - 23rd November 2015
staying in Colesberg
Baie mooi plek.
Helene H. - 16th November 2015
staying in Colesberg
Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees.
Kim B. - 15th November 2015
staying in Colesberg
Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed.
Doep D. - 13th November 2015
staying in Colesberg
Goeie halfpad-bestemming as jy ver ry.
Willette F. - 4th November 2015
staying in Colesberg
Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg.
Ronellé M. - 31st October 2015
staying in Colesberg
Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan.
Margaret V. - 28th October 2015
staying in Colesberg
Lekker oorslaap op terugreis van Stilbaai.
Tinus V. - 21st October 2015
staying in Colesberg
Baie netjiese dorp.
Cupie N. - 13th October 2015
staying in Colesberg
Interessante plek.
Estelle B. - 8th October 2015
staying in Colesberg
Lekker rustig vir 'n halfpad stop na 'n lang rit.
Hugo G. - 8th October 2015
staying in Colesberg
Plattelander was 'n 5-ster-restaurant!

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com