Indien jy die Egg Rock wil besoek, die pad daarheen is baie sleg en nie toeganklik vir lae voertuie nie. Ons kon baie stadig meer as die helfde van die pad ry met 'n Renault Sandero, maar moes die laaste kilometer te voet stap. Absoluut die moeite werd om die snaakse ronde klip te gaan besoek wat lyk asof hy enige tyd sal omrol. Dit was 'n belewenis om die groot Visrivier te sien afkom. Water wat van Gariep af gekom het, een van die redes hoekom die groot Visrivier selde droogloop soos baie van die ander spruite en riviere in die omgeweing.