Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.2 out of 5 based on 338 reviews.
"Dinokeng is tans nog 'n redelik ongerepte bestemming. Dit sal jammer wees indien die reservaat meer kommersieel ontwikkel word, of in 'n pendelwoonarea omskep word. Diere en die mens bestaan in gesonde harmonie saam in die reservaat."
"Very well-kept and managed. Always a pleasure to come here. Absolute value for money."
"Besoek gerus Arlington Brewery, die ontbyt is spot goedkoop (R45)!"
"Dinokeng should do something about the state of De Wagendrift Rd. The corrugations are extremely rough!"
"Dinokeng het goeie selfry-roetes, skoon piekniekplekke, baie restaurante en kiosks waar versnapperings gekoop kan word. Lekker naby aan Jhb vir gereelde besoeke. Daar is heelwat verblyfopsies binne die reservaat. Sommige blyplekke is beter geleë as ander; ons verkies plekke wat verder weg is van die teerpad, om meer bosgeluide te kan beleef."
"Moenie die Krugerwildtuin verwag nie. Tog het ons leeus, renosters en verskeie boksoorte gesien. Jy het verkieslik 'n voertuig met goeie grondvryhoogte nodig."
"Ek sou graag meer omvattende inligting vooraf oor Dinokeng wou verkry. Die webtuiste is nie werklik omvattend genoeg nie en so ook nie die inligting wat Marulani beskikbaar gestel het nie."
"Het heelwat wild gesien, rooibokke, kudu, njala, kameelperde, wilde beeste, zebras, vlakvarke, leeus gehoor in die aand en vroegoggend."
"Ons het nooit geweet watse juweel net hier op ons voorstoep lê nie. Ons sal vir seker terugkeer."
"Net 5 spesies gesien nl. Zebras, springbokke, kameelperd, die Neushoringvoëls en 'n vlakvark. Beslis nie waarde vir jou geld nie."
"Dinokeng is a special place, especially when you go willing to see all the little things that the bush has to offer."
"Dinokeng is net naby genoeg vir 'n ruskans uit die stad. Goeie ontspanning en die natuur is binne jou bereik."
"Met tyd sal Dinokeng net beter en beter word. Ons glo meer drade moet sak sodat die wild meer kan versprei. Wild was 'n bietjie skaars, maar ons glo met tyd sal wild meer volop word, dit is 'n lang proses. Daar moet meer plan gemaak word rondom dinge soos "hides", maar selfs 'n plek soos die Krugerwildtuin het eers na baie, baie jare die dinge in plek gekry. Daar kan baie verbeter word, maar tyd sal die grootste faktor wees en in tussen sal ons aanhou om Dinokeng te ondersteun, ons het werklik 'n lekker tyd daar gehad."
"Dinokeng is so naby aan Pretoria en Johannesburg dat dit regtig die moeite werd is om gereeld te gaan."
"Groot 5 binne 100 km van Johannesburg en Pretoria."
"Dinokeng is always a winner. Not far from home but far enough to rest away from home!"