Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Eastern Free State Highlands

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Eastern Free State Highlands

Rated 4.6 out of 5 based on 5059 reviews.

Clarens, Eastern Free State Highlands

The Gables

"A friendly cosy little town, with lots of ease and tough outdoor activities. A good choice of restaurants and many interesting shops and art galleries. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

V'Kansi Khaya

"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Kolgans Villa 147

"Clarens is in 'n wonderskone kom tussen veelkleurige sandsteenberge geleë. Buiten vir die vars lug en pragtige omgewing, beskik Clarens ook oor die oulikste winkeltjies wat wenskopers vir ure besig kan hou. Ek het my verstom aan die uiteenlopende aktiwiteite wat Clarens Xtreme aanbied - my vingers het sommer gejeuk om hul klimmuur aan te durf! Bethlehem is ongeveer 30 minute buite Clarens en beskik oor 'n groot winkelsentrum (Dihlabeng Mall) waar jy enige iets en nog meer onder een dak kan kry en Golden Gate Nasionale Park is ook ongeveer 25 minute buite Clarens geleë."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Fairview Cottages

"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Bethel Country Lodge

"Heeltemal te besig na my smaak. Ongelooflike natuurskoon, maar die toerisme oorheers die dorp."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Bergkaree Self Catering

"Goed geleë vir die besienswaardighede in die Oos-Vrystaat, maar die dorpie self bied buiten die hotel en restaurant nie veel nie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Zwartmodder

"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Die Kruik

"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Knock Out View

"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Oranje Guest Farm

"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Cottage Pie

"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Accommodation @ The Spa

"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Clarens Oxwagon Camp

"Baie veilige dorp met baie interessante klein plekkies en winkels binne loopafstand."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Clarens Retreat

"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Francisco Guesthouse & Villa Clarens

"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Upper House

"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Maluti Mountain Lodge

"Loved this, place will surely return."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Red Mountain House

"Dit was 'n baie lekker vakansie gewees."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Nandina

"Alles en nog meer om te doen. Vir enige persoon is daar iets om te doen. Gaan beslis weer kom."

Bethlehem, Eastern Free State Highlands

La Croche Guest Lodge

"Naby Clarens. Geen behoorlike restaurante nie. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Clarens Oxwagon Camp

"Clarens is vir ons 'n plek om stil te word en weer jou siel en menswees te vind. Die laaste 5 jaar is daar baie ontwikkeling en genoeg om te doen vir alle ouderdomme."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Herb House

"It's very quiet, but has its own charm."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Fairview Cottages

"Clarens is asemrowend - vriendelike mense en so baie om te sien en ervaar."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Hilltops

"Ek sal weer en weer teruggaan!"

Page
Page 140 - Showing 4171 to 4200
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!