Verified Reviews of Garden Route

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route

Rated 4.65 out of 5 based on 6966 reviews.
Francois S. - 25th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
Heerlike plek om te rus. Genoeg kindervriendelike aktiwiteite in die onmiddellike omgewing.
Ella H. - 25th September 2018
staying in De Rust, Garden Route
Pragtige Karoo-dorpie met gasvryheid.
Amelia M. - 25th September 2018
staying in Herold's Bay, Garden Route
Mooiste strand met nog klein seediertjies verkrygbaar op die rotse. Die kinders sal dit baie geniet. Sentraal geleë.
Riette M. - 25th September 2018
staying in George, Garden Route
George is baie sentraal geleë.
Nerine U. - 25th September 2018
staying in Jongensfontein, Garden Route
Jongensfontein is beeldskoon en rustig. Lekker stand vir kinders, visvangplekkies en kan heerlik gaan stap.
Trudie S. - 25th September 2018
staying in Knysna, Garden Route
Die eetplekke is baie duur en jou nie regtig van toeriste nie. Ons het oral gesukkel met diens.
Sonette D. - 25th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
Awesome.
Ingrid D. - 25th September 2018
staying in Stilbaai, Garden Route
Baie lekker.
Lohan B. - 25th September 2018
staying in Garden Route
Pragtig in die lente.
Mienie D. - 25th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
Heerlike vakansiedorpie. Kan dit werklik aanbeveel.
Esther V. - 25th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
My hartsplek!
Cobus V. - 25th September 2018
staying in Thesen Islands, Garden Route
Dit is 'n klein stukkie paradys met gerieflike verblyf en loopafstand van topklas restaurante.
Loretta S. - 25th September 2018
staying in Reebok, Garden Route
Dis pragtig. Ons kan nie vir 'n beter plek gevra dit nie.
Annette F. - 25th September 2018
staying in Oudtshoorn, Garden Route
Ons is gereelde besoekers in Oudtshoorn. Dit is 'n pragtige, stil dorp wat tog alles het wat jy nodig kan kry. Die omliggende berge maak Oudtshoorn prentjiemooi.
Jacqueline B. - 25th September 2018
staying in Baviaanskloof , Garden Route
Altyd 'n belewenis. Vriendelike mense en lieflike grondpaaie. Ons sal keer op keer terugkeer.
Beulah F. - 25th September 2018
staying in Great Brak River, Garden Route
Baie veiling en rustig.
Sandy I. - 25th September 2018
staying in Garden Route
The Rheenendal area is stunning. We will be back to explore some more!
Heleen L. - 25th September 2018
staying in Reebok, Garden Route
Sal beslis weer Reebok toe wil gaan.
Johann M. - 25th September 2018
staying in De Rust, Garden Route
De Rust is 'n mooi dorpie naby Meiringspoort en ek wens ek kon langer bly om De Rust te voet of met my bergfiets te ontdek.
Marissa V. - 25th September 2018
staying in Herold's Bay, Garden Route
Lieflike, mooi dorpie.
Dalene H. - 24th September 2018
staying in Ruiterbos, Garden Route
Pragtige omgewing.
Kobus D. - 24th September 2018
staying in Oudtshoorn, Garden Route
Oudtshoorn sou ek sê is meer vir die gesoute reisiger wat die groot stede en hul harwar wil vermy. Die omgewing en natuur is uniek en pragtig. Oudtshoorn is vir seker 'n plek na genoeg om dagreise te maak na verskeie plekke in en om die dorp self pensioenarisse en ouer reisigers sal Oudtshoorn geniet. Jong mense met kinders sou ek sê nie heeltemal so nie.
Donald T. - 24th September 2018
staying in Mossel Bay Golf Estate, Garden Route
Baie mooi uitleg van strate, pragtige tuine en plantegroei.
Frans S. - 24th September 2018
staying in Calitzdorp, Garden Route
Nie vir almal nie, maar vir my wat hou van rustigheid was dit so lekker. Vriendelikste mense. Heerlike eetplekke met verskeidenheid, kelders met uitstekende port, 'n heerlike kombinasie.
Ruwayne F. - 24th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
Very lovely town nice and calm.
Reuben A. - 24th September 2018
staying in Storms River, Garden Route
Paaie in die dorp kan bietjie opgeknap word.
Margaret R. - 24th September 2018
staying in Calitzdorp, Garden Route
A quaint Karoo town which we always enjoy and this time we had the bonus of the annual Vetplant fees! So many interesting plants for sale, and amazing characters attending the festival. The town has examples of interesting rural and rustic architecture and it is delightful to wander through the little side streets. And of course visiting the wine farms in the town is the ideal way to conclude a visit!
Ronel S. - 24th September 2018
staying in De Rust, Garden Route
Aanbeveling na Kaalgat. Kudu is erg plaaslik. Net Vrydae en Saterdae oop vir 'n keuse van 4 pizza’s. Diens was interessant! Nie iets wat ek sal aanbeveel vir iemand nie. Slegs twee opsies van restaurante op ‘n Vrydagaand.
Anneri V. - 23rd September 2018
staying in Knysna, Garden Route
Baie om te doen, maar ruk 'n mens se sak vreeslik. Vir 'n gesin van 3 om net voëls of apies te gaan kyk kos amper R600. Restaurante het heerlike kos en vermaak.
Elize P. - 21st September 2018
staying in George, Garden Route
Mal oor George. Nog plaasatmosfeer, maar ook inkopieparadys.
Izzy L. - 21st September 2018
staying in Storms River, Garden Route
Meerendeels vir internationale toerisme.
Jacky C. - 20th September 2018
staying in Mossel Bay Golf Estate, Garden Route
Ek sal enige een aanbeveel om tyd daar te spandeer. Rustig en vreedsaam. Terug in natuur.
Linda V. - 20th September 2018
staying in Tergniet, Garden Route
Altyd mooi. Het al vele kere daar by familie gekuier en ons eie plek gehad. Sal altyd weer teruggaan al is dit dan by Seester 15.
Susan J. - 19th September 2018
staying in Garden Route
Altyd 'n belewenis om daar vakansie te hou.
Hennie S. - 19th September 2018
staying in Mossel Bay, Garden Route
Dorp se strate is te besig. Buite woongebiede is tops.
Leon D. - 19th September 2018
staying in Mossel Bay Golf Estate, Garden Route
Totally secure, upmarket, awesome.
Tyrene A. - 19th September 2018
staying in Brenton-on-Sea, Garden Route
Baie veilige en goeie area.
Hein S. - 19th September 2018
staying in Die Voor Bay, Garden Route
Voorbaai is 'n baie rustige en veilig area om te bly en naby die see.
Anzelle D. - 19th September 2018
staying in Hartenbos, Garden Route
Hartenbos is 'n klein, pragtige dorpie met baie om te doen. En die uitsigte is iets om van te droom. Sal beslis weer daar gaan vakansie hou omdat dit lekker stil is en nie te veel voete om mens is nie. Hulle is amazing en hul strande is altyd skoon. Pragwêreld daai.
Lucile G. - 18th September 2018
staying in Die Voor Bay, Garden Route
Baie mooi plek en het baie om te sien en doen.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com