Verified Reviews of Highlands Meander

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Highlands Meander

Rated 4.44 out of 5 based on 1090 reviews.
. - 29th March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Een van ons gunsteling kuierplekke en ons is lief om die verskeidenheid eetplekkies uit te probeer.
. - 28th March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom was nog altyd 'n interessante plek, ons het weer daar gestop op pad terug maar dit voel of die dorp bietjie verwaarloos het die afgelope 3 jaar.
. - 18th March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Oulike plekkie.
. - 4th March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Daardie roofvoël plek is 'n moet. Wonderlike skoon dorpie!
. - 3rd March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Eerlikwaar, dit was vir ons en ons honde die wonderlikste plek, ons beplan om terug te gaan. Ons wens elke dag om terug te kon wees!
. - 3rd March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Effe vervelig. Ek sal nie langer as 'n naweek kan bly nie. Goeie bestemming vir hengelaars, maar te min te doen vir gewone mense. Gaan soontoe as jy wil niks doen nie en baie rus.
. - 3rd March 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Te veel van dieselfde stalletjies.
. - 25th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Lekker naweek-wegbreek, maar nie langer as dit nie. 'n Besoek aan die roofvoël-park en die vlieg-"show" moet beslis op jou program wees - 'n groot hoogtepunt.
. - 22nd February 2016
staying in Kwena Valley, Highlands Meander
Pragtig.
. - 22nd February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Love it!
. - 20th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Besoek gerus die "Bird sanctuary", dit was iets spesiaals! Asook die whiskey en chocolate tasting. Mrs Simpson was vir ons die beste restaurant in die omgewing. (Ook lekker ontbyt by Harrie's Pancakes.)
. - 18th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Die eetplekke is heerlik en bied waarde vir geld maar die winkels is gemiddeld tot onder gemiddeld.
. - 18th February 2016
staying in Waterval-Onder, Highlands Meander
Baie mooi en rustige omgewing.
. - 18th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Baie om te doen, mense baie gasvry.
. - 18th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Puik toeristebestemming met asemrowende uitsigte en weg van die stad af.
. - 17th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Kuier ten minste een naweek per jaar in Dullstroom. Puik bestemming, onthou net om vir aandete te bespreek by die meer bekende eetplekke. Hoogtepunte: Charlie C en Mayfly restautante, met die topbestemming Anvil Craft Beer net voor jy Dullstroom verlaat, in die rigting van Lydenburg.
. - 16th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Het die heerlikste aandete by Ms Simpsons geëet.
. - 14th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Bietjie overrated, maar ons het ons dag geniet.
. - 4th February 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Lekker kuier-dorpie, weg van die besige lewe.
. - 28th January 2016
staying in Elands Valley, Highlands Meander
It is a perfect place to relax from your busy life, traffic and polluted city life.
. - 27th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Really a great place to stay and we will definitely return.
. - 21st January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Die lieflikste aftreedorpie.
. - 18th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is a great destination, with lots of great places to eat and lovely shops.
. - 18th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Idillies.
. - 14th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Het dit geniet en sal weer gaan.
. - 14th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is baie mooi en vir 'n naweek baie lekker om uit die stad pad te gee. Ons het lekker rondgeloop en ontspan.
. - 11th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
. - 8th January 2016
staying in Kwena Valley, Highlands Meander
Die Kwena Vallei is 'n baie onbekende toeristebestemming. Dis werklik pragtig.
. - 5th January 2016
staying in Waterval Boven, Highlands Meander
Pragtig!
. - 4th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Was my eerste besoek, het baie meer verwag, het oukersdag daar aangekom, omtrent geen winkel was oop nie, geen eetplek was oop nie, en ons het niks gehad om te eet nie net beskuit, maar The Outpost se atmosfeer het opgemaak daarvoor. Almal so bohaai gemaak oor Dullstroom, maar ek glo nie ek sal dit gou weer besoek nie.
. - 4th January 2016
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Wens die mense daar was bietjie vriendeliker.
. - 31st December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Beste dorpie ooit! My hart se punt!
. - 28th December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Dullstroom is net 25 km weg maar dis 'n grondpad so wees maar versigtig. Ons het gereeld daar gaan eet.
. - 24th December 2015
staying in Waterval Boven, Highlands Meander
We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem.
. - 23rd December 2015
staying in Waterval Boven, Highlands Meander
Ek was verbaas dat daar soveel oorde in daardie omtrek is. Dit is ideaal vir oorslaap veral in seisoene wanneer die wildtuin so vol bespreek is. Hulle adverteer net nie genoeg nie. Dit moet in die buiteland ook geadverteer word as dit nie alreeds gebeur nie. Kaapse Hoop word nie genoeg langs die pad geadverteer nie en ook miskien 'n groot bord by die ingang en uitgang van Boven langs die pad sit wat bv. sê Welkom in MPUMALANGA se vakansie oorde ,jou halweghuis na die Krugerwildtuin. Dan 'n lys van die die blyplekke sit met die telefoonnommers langs die naam. Die vakansie oorde kan maandeliks ietsie bydra vir die advertensie.
. - 17th December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Restaurante se kombuise oor naweke reeds teen 21:00 gesluit. Sou lekker wees as ons 'n bietjie later kon kuier, veral vir laat arrivering van Johannesburg.
. - 17th December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Pragtige dorpie met verskeidenheid restaurante en oulike winkels.
. - 16th December 2015
staying in Waterval Boven, Highlands Meander
Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie.
. - 10th December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Al die blomme en pragtige groot groen bome was vir ons wondermooi. Die besoek aan die Birds of Prey Centre was 'n onvergeetlike ervaring. Daar is baie slaggate en veral die grondpaaie is erg verspoel. Maar eerder dit as 'n vreeslike droogte!
. - 10th December 2015
staying in Dullstroom, Highlands Meander
Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]