Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 1231 reviews.
"Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe."
"Dullstroom is 'n unieke toeristedorpie met baie om te koop. Nog 'n kruidenierswinkel mag dalk die kompetisie se pryse effens verlaag. "
"Dis 'n baie lekker dorpie om 'n naweek te spandeer met oulike winkels. Ek sal net voorstel dat hulle verbeter op die grondpad tussen die treinspoor en Muddlers Minnow."
"Baie mense wil eendag hulle huisie by die see hê om in af te tree. Wel ek gaan myne in Dullstroom bou."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Kry asb. die stoomtrein om weer te loop. Sal beslis meer toeriste lok."
"'n Baie oulike plekkie. Sou graag meer ontwikkeling en vooruitgang vir die dorpie wou sien. Dit is 'n monumentele dorpie met mens mensies."
"Ek was al reg oor die wêreld. Dullstroom is verseker in my opinie een van die mooiste, gasvryste en rustigste dorpies in ons pragitige land. Die kontras tussen vaal hoëveld met hierdie juweel van 'n dorpie met die heuwels, helder kabbelende stroompies en foreldamme, owergroen bome en pragtige sandsteen huisies, maak Dullstroom 'n juweel van 'n bestemming vir die wat sielsrus soek en nader aan ons Skepper wil voel. Die verskeidenheid winkeltjies en eetplekkies is smaakvol en gasvry. As jy nog nooit in jou lewe in Dullstroom was nie mis jy beslis uit. En as jy eers daar was sal jy altyd wil teruggaan."
"Dullstroom bied baie vir iemand wat 'n dag of wat uit die stad wil ontsnap en nie te ver wil ry na n plekkie waar jy lekker kan eet en in tipiese toeristewinkels kan rondsnuffel. Die omgewing onmiddelik buite Dullstroom bied weer baie buitelugbloostelling en veral forelhengel is gewild"
"Sal enige tyd daar tyd spandeer. Ons is vriendelik gehelp in die winkels en die dame by Dullstroom Art en Crafts het uit haar pad gegaan om die lappe vir ons te maak soos ons dit wil hê. "
"Pragtige dorpie, baie skoon en netjies! Aanbeveling vir uitmuntende restaurant - Art @ Food!"