Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Hondeklipbaai

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hondeklipbaai

Rated 4.2 out of 5 based on 325 reviews.

Hondeklipbaai

The Dogstone Cottage

"Hondeklipbaai is ‘n interessante bestemming. Baie geskiedenis, ‘n kuslyn vol stories en dit is ‘n rustige dorpie. Goed gewerk ook vir ons wat oppad was na Alexanderbaai grenspos."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Rustige dorpie vriendelike mense dorpie het uitbreiding t.o.v winkels en eetplekke nodig."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"It is a destination at the end of a long gravel road rather than an area for exploring."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie netjies en skoon, soos verwag van die Weskus."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Alhoewel hondeklipbaai verskriklik mooi en veilig is, het ons 'n bloutjie geloop met 'n werklose visserman wat my en my kinders genader het en gehelp het om kreef te probeer vang, asook visse tussen die rotse. My raad aan al die reisigers soontoe is om glad nie betrokke te raak by die man nie, sy naam is Abraham. Die plaaslike inwoners (wat ook nie veel ooghare vir hom het nie) noem hom Torra. As hy jou nader of naby jou kom en jou kinders kom, jaag hom onmiddellik weg. Ek moet ook net noem dat dit slegs hy was wat ons lastig geval het en hy is blykbaar ook die swart skaap van die dorp. Die polisie was baie vinnig en flink om ons te kom help."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Die dorpie is ver en klein, en het sy probleme met krag en water. Die nuwe geseëlde paaie is 'n wenner. Toegang tot die dorp is deur lang, slegte grondpaaie, maar 'n besoek is die moeite werd. Baie veilig en vriendelike mense."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Beskikbaarheid van brandstof en 'n kleinhandelaar sou goed wees."

Hondeklipbaai

By die Baai

"Die 2018 boek oor Hondeklipbaai, "Van Toeka tot nou", was voorwaar heerlik om te lees. Die skrywer ken van Hondeklipbaai. Heerlik."

Hondeklipbaai

Rooi Spinnekop Accommodation and Restaurant

"Ver weg van alles, naby aan die natuur."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Aanvanklik nie beïndruk nie. Nie 'n tipiese vakansiedorp nie, maar na drie dae wou ons langer bly. Ek gaan weer."

Hondeklipbaai

Honne-Hemel Self-catering Accommodation: Bacchus

"Hondeklipbaai is 'n rustige myn en vissersdorpie. Die mense daar is baie vriendelik en die seekosrestaurant Dop en Kreef is baie billik met hulle pryse. Seekos was heerlik. Dit is beslis 'n besoek werd."

Hondeklipbaai

By die Baai

"'n Wonderlike plekkie om vakansie te hou, veral buite seisoen."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Veraf geleë, blomme in Namakwa Park nog min."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Baie rustig. Tipiese Weskusdorpie sonder enige wêreldse luukshede. As jy daarvan hou om klippies of skulpies op te tel op die ongerepte strand of waardering het vir 'n pragtige sonsondergang oor die see, sal die plek jou aantrek."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"'n Plek waar mens darem een maal in jou lewe besoek moet aflê!"

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Ek sal Hondeklipbaai weer besoek."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Ons was verbaas oor die grondpaaie se uiters goeie toestande tydens ons verblyf in Aug 2018. Ons het orals rond gery met 'n Toyota Etios ten spyte van waarskuwing van plaaslike inwoners."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Daar is nie regtig veel vir toeriste nie, maar ons was heel tevrede, was voorberei so ons het nie groot verwagting gehad nie, wou net gaan kyk hoe die dorpie lyk."

Hondeklipbaai

K9 Cottage

"Baie rustig, gruispad in 'n swak toestand."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Hier laai jy weer jou batterye. Dit is 'n baie spesiale gemeenskap wat regtig ryk is wat die lewe betref."

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"If you are looking for nothing, it's here. Great."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Baie besonderse plek, voel of mens op 'n heeltemal ander plek iewers ver in die wêreld is. "

Hondeklipbaai

De Swarte Mossel

"Hondeklipbaai vat jou terug in tyd. Mens leer weer hoe om mens te wees, dankbaarheid is oral te siene in die dorp. Die veiligheid van die dorp was iets om aan gewoond te raak, veral as jy van Johannesburg kom. As jy soek vir 'n rustige atmosfeer is dit die plek vir jou. Honde is ook natuurlik oral welkom in die dorp."

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Lovely and remote for us who love this. Maybe would be a shock to people who are expecting a seaside village."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Grondpaaie bietjie ongerieflik. Baie skulpe gesien! Mense vriendelik."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Sal dit aanbeveel vir enige iemand om te gaan besoek. Dit is 'n pragtig plek sonder al die luukse huise wat op so baie ander plekke te sen is!"

Hondeklipbaai

HonneHokke Resort

"Dit is 'n unieke plek wat nie in almal se smaak sal val nie, as jy stilte en vrede soek is dit waarheen jy moet gaan. Ek sal weer en weer teruggaan. Nog nooit het ek so uitgerus gevoel na 'n vakansie nie. Nie eers die twee dae lange reis in die hitte terug na Johannesburg kon dit wat ek daar ervaar het, uitvee nie."

Hondeklipbaai

Honne-Pondokkies

"Baie oulike plekkie, maar nie vir 'n lang tyd se verblyf nie. Na drie dae het jy klaar alles gesien wat te siene is. "

Hondeklipbaai

Pierrewiet

"Kort entjie se ry na lekker groot witsandstrande met braaiplek!"

Hondeklipbaai

Die Baai se Bek

"Lekker staproetes beskikbaar, ligtoring, bekende skeepswrak, stil, min vakansiegangers en restaurantjies wat onder andere baie lekker roomys verkoop!"

Page
Page 9 - Showing 241 to 270
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!