Verified Reviews
Jacobs Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jacobs Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 424 reviews.
"Jacobsbaai is 'n stil, rustige plek met sy eie rustige pas. Dit is nie 'n swemstrand nie, maar as jy visvang of net die rustigheid van die weskus wil ervaar is dit aan te beveel."
"When you go, take all the groceries with, although its only a 10 min drive to Weskus Mall. Shop is very small and limited time open."
"Een restaurant op dorp en was nie eens oop. Moes Saldannah toe gejaag het vir iets om te eet en koeldrank te koop. "
"Ons was baie teleurgesteld om te sien Weskusplek is toe. Die Saldanhabaai Munispaliteit se afwesigheid om dienste te lewer is ook 'n skreiende skande. Die baai se dromme loop oor en die vullis lê gesaai oor die strand en in die seewater. Sies. Die gras is ook lank en die voetpaadjies word nie onderhou nie. Regtig hartseer. "
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste uitsig oor die see en baai. Die perfekte plek vir 'n rustige naweek of oorslaapplek."
"Jacobsbaai bly een van ons gunsteling-bestemmings! Dié klein dorpie is baie rustig en het 'n heerlike klein strandjie waar die kinders veilig in die water kan baljaar! Die klein kafeetjie het relatief alle basiese benodighede soos hout, melk, suiker, brood, ens. Die dorpie is 'n stralende voorbeeld van die Weskus-rustigheid! "
"Jacobsbaai is ongelooflik mooi en baie rustig. As jy 'n bedrywige plek soek, is die nie vir jou nie. Daar is nie veel te doen behalwe rus nie! Heerlik. Lekkerste restaurant, beste ribbetjies wat my man nog geëet het."
"Wonderlike uitsig oor die see en veld, stil en rustig. Baie wandelpaadjies langs die see."