Verified Reviews of Jacobs Bay

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jacobs Bay

Rated 4.59 out of 5 based on 423 reviews.
. - 17th March 2017
staying in Jacobs Bay
Die plek is rustig en veilig.
. - 3rd March 2017
staying in Jacobs Bay
Perfect, laid back and quiet. Beautiful place to unwind.
. - 2nd March 2017
staying in Jacobs Bay
Awesome plekkie.
. - 23rd February 2017
staying in Jacobs Bay
Fantastiese vakansieoord.
. - 23rd February 2017
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai is 'n pragtige dorpie. Die see is ekstra mooi daar.
. - 23rd February 2017
staying in Jacobs Bay
Nie almal hou van die Weskus nie, maar dit is hulle probleem! Ek sal enige tyd weer teruggaan.
. - 21st February 2017
staying in Jacobs Bay
Excellent place.
. - 20th February 2017
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai is beautiful. Rustig en stil langs die see. Dit is 'n klein plekkie en voel of dit baie afgeleë is, maar dit is darem ook naby Vredenburg waar die nuwe Weskus Mall nou ook oop is.
. - 16th February 2017
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai is die perfekte plek om tot rus te kom. Baie mooi, klein en rustig, daar is nie restaurante nie, so jy moet self jou kos saambring.
. - 13th February 2017
staying in Jacobs Bay
'n Mens kan nog hier rus, sonder te veel toeriste en die lekker grondpad maak dit vir my soos Darling en Clarens se kunstenaarsplekkies.
. - 2nd February 2017
staying in Jacobs Bay
Idilies mooi!
. - 11th January 2017
staying in Jacobs Bay
Perfekte plek om te rus!
. - 10th January 2017
staying in Jacobs Bay
Pragtige natuur en dit is rustig met nie baie mense nie. Ongelukkig is daar nie 'n lang strand om op te stap nie, maar 'n mens kan wel op paadjies tussen die pragtige Weskus-plantegroei stap.
. - 31st December 2016
staying in Jacobs Bay
Pragtige dorpie.
. - 22nd December 2016
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai is 'n pragtige plekkie. Indien jy 'n rustige wegbreek wil maak is dit ideaal. Asemrowende omgewing.
. - 21st December 2016
staying in Jacobs Bay
Heerlike plek baie netjies.
. - 8th December 2016
staying in Jacobs Bay
As jy wil wegglip van die stresvolle stadslewe is Jacobsbaai die ideale plek om die uit te rus.
. - 8th December 2016
staying in Jacobs Bay
Rustig.
. - 7th December 2016
staying in Jacobs Bay
Klassieke Weskus.
. - 1st December 2016
staying in Jacobs Bay
Dit was nie my eerste keer in Jacobsbaai nie, maar wel my nommer 1 plekkie vir 'n wegbreeknaweek. Elke keer as ek daar kom voel ek tuis en ek kan my verkyk aan die pragtige baai met sy mooi huise. Ek dink die grondpaaie gee karakter!
. - 25th November 2016
staying in Jacobs Bay
Dis 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense. Ek sal definitief weer teruggaan soontoe en dan vir langer as 'n naweek.
. - 23rd November 2016
staying in Jacobs Bay
Mooiste dorpie.
. - 23rd November 2016
staying in Jacobs Bay
Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!
. - 15th November 2016
staying in Jacobs Bay
Heerlike toeristebestemming. Sal weer teruggaan .
. - 31st October 2016
staying in Jacobs Bay
Daar is niks, daarom is dit lekker!
. - 27th October 2016
staying in Jacobs Bay
Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek.
. - 27th October 2016
staying in Jacobs Bay
As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly.
. - 19th October 2016
staying in Jacobs Bay
Naby genoeg aan die Kaap om vining op 'n Vrydag deur te ry vir die naweek.
. - 10th October 2016
staying in Jacobs Bay
Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so.
. - 7th October 2016
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk.
. - 6th October 2016
staying in Jacobs Bay
'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer.
. - 29th September 2016
staying in Jacobs Bay
Heerlike, rustige Weskus-atmosfeer.
. - 13th September 2016
staying in Jacobs Bay
Lekker rustig.
. - 7th September 2016
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai is die pragtigste plekkie.
. - 2nd September 2016
staying in Jacobs Bay
Jacobsbaai was regtig 'n mooi en lekker rustige dorpie. Ons het dit baie geniet en ons sal Jacobsbaai aanbeveel en ook weer verkies as 'n vakansieplekkie.
. - 1st September 2016
staying in Jacobs Bay
Perfek as jy stilte en natuurskoon soek. Die kersie op die koek was dat ons net betyds was vir die blomseisoen en ons het die mooiste foto's geneem!
. - 31st August 2016
staying in Jacobs Bay
Ek het my hart verloor in Jacobsbaai. Mooiste mooiste plekkie.
. - 31st August 2016
staying in Jacobs Bay
Mooi Weskus-dorpie.
. - 29th August 2016
staying in Jacobs Bay
Wonderlike rustige dorpie. Geskik vir 'n rus-vakansie.
. - 26th August 2016
staying in Jacobs Bay
Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word!

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]