Verified Reviews
Jacobsdal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jacobsdal
Rated 3.3 out of 5 based on 17 reviews.
"There was a little restaurant down the road which, although rustic, provided good food."
"Ek is jammer dat ons nie toeriste-inligting besoek het nie, dit sou die besoek waarskynlik meer sinvol gemaak het."
"As jy afdraai van die N12 is die pad na Jacobsdal baie sleg. Daar is baie slaggate op die pad. In Jacobsdal is daar nie veel om te sien nie, die prys van vleis by die slaghuis was baie bekostigbaar."
"Dit is so jammer dat die Landzicht Wynkelder toegemaak het. Dit was altyd 'n landmerk en besienswaardigheid in Jacobsdal. Die plek was vervalle toe ons dit gaan besoek het. "
"Met wonderful people at Spar (Jannie and his staff). Beautiful church. Must return for some photo's."
"Baie stil, maar netjiese dorpie. As jy nie lus is vir warm kry nie, gaan eerder vroeg in die winter of laat in die lente."
"Jacobsdal het my verras met al die geskiedkundige plekke wat mens daar te sien kry. Die ou blokhuis, die pragtige wit kerk en die ander ou geboue. Dit is ook net 'n klipgooi weg van Magersfontein af. As mens hou van historiese dinge is hierdie dorpie 'n moet sien."
"Vir die persone wat belangstel in geskiedenis is daar heelwat besoekpunte. Die inwoners is vriendelik en gesellig. Spar se ure wat dit oop is vir besigheid oor 'n naweek is ook gerieflik."
"Die begraafplaas in Jacobsdal is besonders - veral die bome en struike."
"Daar is 'n gawe Spar vir voorrade. Die dorp se strate is in 'n haglike toestand."