Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Kamieskroon

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kamieskroon

Rated 4.1 out of 5 based on 164 reviews.

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Vriendelike dorp, die omgewing was mooi veral dat die blomme siesoen was."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Kamieskroon is 'n baie nice dorpie. Al wat bietjie gepla het is dat omtrent al die plekke toe is op 'n Sondag. Maar kon darem koffie kry by 'n winkeltjie in die hoofstraat. Eienaar is baie behulpsaam en vriendelik."

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Pragtige natuur maar die dorp se infrastruktuur, veral die paaie, toon duidelike tekens van erge verval."

Kamieskroon

Verbe Farm Accommodation

"Unique part of the country that you will appreciate more if you go off the beaten track."

Kamieskroon

De Tuine's Rus Gasteplaas

"Little town with quite a few places to stay."

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

"Ek verneem dit is asemrowend in blommetyd en volgens foto's blyk dit so te wees. Ons was nie in blommetyd daar so kan nie van eerstehandse ondervinding praat nie."

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

"Blommetyd is Kamieskroon sentraal vir daguitstappies. Pragtige omgewing."

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

"Kamieskroon het 'n unieke bekoorlikheid, maar dit is iets wat nie almal kan waardeer nie. Die rustigheid en eenvoud kan mense onkant vang, veral as hulle op soek is na dinge om te doen. Kinders en tieners oor die algemeen soek na meer as net rustigheid en stilte, veral saans."

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Die berge en grondpad-passe rondom Kamieskroon is pragtig!"

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Dit is maar dun buite die blommeseisoen."

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

"Klein dorpie slegs vir oornag."

Kamieskroon

Verbe Farm Accommodation

"Ons geniet Kamieskroon se mense."

Kamieskroon

Verbe Farm Accommodation

"Terwyl ons nie Kamieskroon as dorp ervaar het nie, sal ons beslis die omgewing weer wil besoek."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"No WiFi available in Kamieskroon."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"'n Lekker oornagplek. Padstal in dorp (Kuiervreugde) lekker plek om te besoek en te eet."

Kamieskroon

Kamieskroon Cosy Cottages

"As mens van die stilte hou met wind wat om die hoeke van die huis sing is dit beslis die bestemming vir jou. Mens hoor geen motors verbyjaag nie. Hoor die jakkalse praat met mekaar. Vir my was dit 'n wonderlike plek. Het nie regtig winkels nie. Vat maar jou kontant saam. Kaartmasjiene is maar skaars daar."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Skilpad vir blomme in blommetyd. 17 km van Kamieskroon. Geen ander rede om hier oor te bly nie."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Plattelandse dorpie. "

Kamieskroon

Verbe Farm Accommodation

"Die koffiewinkels in Kammieskroon moet net sorg vir beter gehalte koffie en cappucino. Wonderlike blomme op die pad van Kammiskroon na Leliefontein."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Ideaal geleë vir blommekyk."

Kamieskroon

Kroon Lodge

"It's an ideal location to access the Namaqua National Park and Leliefontein."

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Het heerlike vetkoek gekoop by die kerksaal!"

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Ons kan Kamieskroon aanbeveel as bestemming tydens die blommetyd in Namakwaland. Kroon Lodge is vir seker 'n oornagplek wat ek op my lysie van goeie ervaringe sal hou!"

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Mense kan gerus die dorpie te voet verken. Gaan kyk veral wat aangaan by die kerksaal, daar is uitstallings en dinge te sien oor die omgewing. Ook is daar allerhande goed van hout tot koek en kospakkies te koop. Ons het kennis gemaak met die dominee se vrou (Gerda), en sy het ons omtrent 'n les gegee in blomme. Sy het ons ook gaan wys in die tuine hoe die blomme lyk en wat hulle name is. Wat 'n belewenis!"

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Verken die omgewing. Klim uit die kar en stap. Grondpaaie goed in stand gehou, ’n sedan-kar kan maklik die omgewing goed verken. Ondersteun die teekamer en verkope in die kerksaal gedurende die lente. Om Kuiervreugde te besoek is aan te beveel. Blommekyk is gratis - ondersteun asb. plaaslike ekonomie op soveel ander maniere as moontlik."

Kamieskroon

Verbe Farm Accommodation

"Baie mooi omgewing, berge en passe is pragtig."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"The surrounding area needs to be explored and is good for the getaway."

Kamieskroon

Kroon Lodge

"Slegs vir oorslaap. Die dorpie is maar baie klein. Die natuur is pragtig met al die berge en veldblomme."

Kamieskroon

Gousblom Gastehuis

"Blommekykparadys einde Augustus."

Page
Page 2 - Showing 31 to 60
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!