Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 12595 reviews.
"As jy nie in die geskiedenis belangstel nie, is daar niks anders wat as trekpleister dien nie."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Sal volgende keer graag 'n bietjie langer bly - Graaff-Reinet is nie net 'n oornagdorpie nie - dit bied baie meer."
"Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!"
"Die kerk is steeds mooi. Huise oorkant die kerk lyk interessant, maar is nou verwaarloos. Ek sal nie die dorp as sodanig aanbeveel nie. "
"We stayed for two days but could have stayed a few days more, a very restful and peaceful place with a surprising amount of things to do and keep the kids busy."
"Wat 'n pragtige plek om oor te bly. As jy jouself wil rustig maak voor die vakansie in volle gang begin kan jy dit gerus in Nieu-Bethesda doen. Die pizza wat jy daar kry is die beste in die land!"
"Wonderlike herinneringe van Nieu-Bethesda, met die bome, waters, strome, grondpaaie, en heerlike kos by Karoo Lamb en Ibis. "
"Dit was ons gesin se eerste besoek aan Prins Albert. Wat 'n pragtige dorpie so onverwags in die omliggende dorre landskap. Dit lê soos 'n groen juweel in die vallei met wingerde, olyfboorde en die pragtige dorpie. Ons was baie verras deur die skoonheid van Prins Albert en sal verseker weer daar wil oornag, maar dan vir meer as een nag om die dorpie ten volle te kan verken."
"Daar kan beslis meer gedoen word om Hanover te bemark as middelpunt tussen JHB en Kaapstad."