Verified Reviews
Kathu
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kathu
Rated 3.9 out of 5 based on 117 reviews.
"Kathu is a beautiful clean place. The golf course is stunning. A must to play. Me personally I love the place. Great stop over to visit Augrabies Falls"
"Kathu is skoon en natuurlik mooi, beter as die omliggende dorpe. Wees versigtig vir die verkeer, nie besig, maar wel meers as 30% ongekikte bestuurders van ander provinsies ry hier en is 'n groot gevaar op die pad is. Links word skielik regs, spoed is nie 'n probleem, enige kant van die pad is reg vir hom, sperstreep of te nie, hy sal verbygaan. Dit is tyd dat die verkeerspolisie iets hieraan doen."
"Most people go to Kathu for work. As I did. It's a town to stay overnight when traveling to Cape Town. Bloemfontein or Kimberley."
"Mooi skoon dorp, uit vorige ervaring. Laat aangekom en vroeg weer gery. Was net bedoel vir oornag op 'n lang pad."
"'n Aangename dorp, net een vulstasie. Mooi en netjiese paaie en sirkels. Ons sien gou weer. "
"Baie rustige dorpie met vriendelike en behulpsame mense. Sal weer teruggaan."
"Ons was regtig beïndruk met Kathu. Skoon en netjies. Ek sal nie omgee om daar te gaan bly nie. Well done Kathu!"
"Ek was 2 weke daar vir werk en het 'n stuk van my hart daar gelos, en gaan beslis nog baie soontoe gaan in die toekoms. Die Country Club en die mense in Kathu is tops."
"Ek sal sê dit is meer vir besigheidsmense en paartjies wat een aand se romantiese wegbreek soek."
"Vir gholf - pragtige baan, maar gradering as 13de beste baan in SA na my mening nie korrek nie"
"Kathu was tien of wat jare gelede 'n aangename, stil dorpie. Die uitbreidings as gevolg van die mynbou-ontploffing die afgelope amper tien jaar het dit vir my bederf."
"Kathu is 'n besige dorp. Die pad tussen Kathu en Kuruman is baie besig. Kathu Lodge is in 'n lekker, stil deel van Kathu met geen lawaai."
"Van die netjiestes wat besoek is of deurgery het tydens reis. Bediening by beide eetplekke baie vriendelik en vinnig."