Verified Reviews
Klerksdorp
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klerksdorp
Rated 3.8 out of 5 based on 169 reviews.
"Potholes het versleg. Maar dit bly my geboortedorp en ek sal altyd 'n tere plekkie hê daarvoor."
"Die dorp self is besig om teen 'n baie vinnige tempo uitmekaar te val. Infrastruktuur, dienste en veiligheid is van groot kommer en jy moet baie versigtig wees waar in die dorp jy jouself bevind. In die woonbuurte word darem 'n poging aangewend, maar in die algemeen is dit nie 'n baie aangename besoek nie. Ons weet want ons kinders woon in Klerksdorp en ons besoek hulle redelik gereeld."
"Sekere van die paaie in Klerksdorp het baie agteruit gegaan, maar as bestemming is daar baie besigtighede en aktiwiteite vir ieder en elk."
"Not much to do in Klerksdorp as a whole, but big on commerce and industry for vehicle repairs etc."
"Gerieflik met mediese dienste en baie winkels beskikbaar vir die inkopie-entoesiaste. Ongelukkig lyk die strate nie na wense nie. Daar is baie slaggate. Die agteruitgang van infrastruktuur is teleurstellend."
"Die paaie oral in die dorp waar ons beweeg het was absoluut pateties, swak, vol gate en baie onprofessioneel gelap of gevul."
"Paaie swak. Soek die teerpad om diep slaggate mis te ry. Pragtige dorp wat vervalle geraak het."
"Die strate is vuil, verwaarloos en vol slaggate. Die munisipaliteit laat werklik die inwoners in die steek. "
"Klerksdorp is 'n groeiende, dinamiese dorp, maar die paaie kort ernstige aandag."
"Die paaie is in gehawende toestand. Baie hartseer om te sien hoe alles agteruit gaan. Maar in 'n positiewe lig, met my aankoms in Klerksdorp het ek 'n groep van ongeveer 10/12 mense gesien wat op hul eie inisiatief die paaie herstel."
"Die paaie is in 'n haglike toestand en die dorp is so te sê onbegaanbaar. Die rede vir ons besoek was ons familie wat in Klerksdorp woon, maar ek is bitter hartseer om die dorp in so toestand te sien."