Verified Reviews
Ladybrand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ladybrand
Rated 3.7 out of 5 based on 82 reviews.
"Poor roads. All smaller roads in Free State cannot be traversed with a normal vehicle."
"Geleë in mooi deel van die Oos-Vrystaat, met 'n ryk geskiedenis. Net jammer oor die slegte paaie soontoe en in die dorpie self."
"'n Bekoorlike dorpie. Ten spyte van slegte paaie, is die dorpie skoon en netjies!"
"Meeste strate kort dringend aandag om slaggate te herstel, dit blyk ’n groot probleem in die hele Oos Vrystaat te wees. Pragtige ou geboue wat in ’n sekere mate nog onderhou word, goed om te sien alles word nie net verniel nie. Strate was skoon en mense vriendelik."
"Die paaie is in 'n haglike toestand! Moet nie met 'n sportmotor aangedurf word nie."
"Die dorp se paaie kort maar aandag soos baie plattelandse dorpe in ons mooi land!"
"Goeie basis om die berge te besoek. Ons doelwit was Sandstone Heritage Museum by Ficksburg, maar hulle kry 0/10. Daar is geen aanduiding op hulle webtuiste van besoektye nie, my e-pos navraag daaroor het geen reaksie gekry nie, en by die hek het ons verneem ons moes telefonies 'n afspraak gemaak het, so ons het voor die hek omgedraai."
"Mooi en netjiese dorpie, baie rustig. Het so baie winkels. Die Spar was netjies!"
"Daar is baie meer in die dorp as wat ek gedink het met werklike mooi ou geboue en mooi bergagtige area aan die voet van Lesotho. "
"Die paaie is vol gate en baie van die paaie is grondpaaie. Verder is dit ‘n lieflike mooi dorpie."
"The towns roads are in such a bad state of repair - huge potholes everywhere - otherwise all was okay."