Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Maloti Route

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Maloti Route

Rated 4.6 out of 5 based on 5062 reviews.

Clarens, Maloti Route

Rosemary

"Clarens is voorwaar pragtig. Dis skoon, natuur is pragtig. Wat 'n bonus om jou siel en gees net daar bietjie te gaan recharge."

Clarens, Maloti Route

Clarens on Collett

"Juweel van ’n plek!"

Clarens, Maloti Route

Rooikat Cottage

"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."

Clarens, Maloti Route

278 on Main

"Het die lekkerste sushi geëet by Ticazyza Cuisine in Clarens."

Clarens, Maloti Route

Views

"As jy graag stap of net wil ontspan is dit 'n goeie plek. Ons was van Maandag tot Vrydag daar en dit was 'n baie aangename tyd. Ek weet net nie van naweke en vakansies nie. Dan kan dit dalk baie besig raak as ek na die inwoners luister."

Clarens, Maloti Route

Clarens Mount Rose Self-catering Holiday House

"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."

Maloti Route

Imla Guest Farm

"Sal verseker langer gaan om die pragtige wêreld te gaan verken. 'n Naweek is heeltemal te kort."

Clarens, Maloti Route

Rooikat Cottage

"Ons is mal oor Clarens. Gaan baie gereeld!"

Clarens, Maloti Route

Willow Villas

"Clarens is en bly een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika."

Clarens, Maloti Route

La Bri

"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."

Clarens, Maloti Route

Clarens Oxwagon Camp

"Clarens en omgewing is ’n moet op jou doen-lysie."

Clarens, Maloti Route

Clarens Interiors Guest Apartments

"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."

Clarens, Maloti Route

Stay! In Clarens

"Sekere restaurant water hulle drank af en dit is onnodig, betaal premium prys en verwag dan ten minste wat jy voor betaal, verder was dit 'n baie lekker ondervinding en sal beslis weer gaan kuier"

Clarens, Maloti Route

Ashbrook Country Lodge

"Always our go to place for weekend getaways."

Fouriesburg, Maloti Route

Goedgeleë

"Was aangenaam verras met die hoeveelheid restaurante en akkommodasie beskikbaar in Fouriesburg. Dis ook 'n lekker basis om die omliggende gebiede te verken."

Clarens, Maloti Route

Old Mill Drift Guest Farm

"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."

Clarens, Maloti Route

Odendaal’s Ridge

"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"

Clarens, Maloti Route

V'Kansi Khaya

"Fantastiese mooi wêreld met sy mooi berge en natuurskoon."

Clarens, Maloti Route

Golden View - Oak on Church

"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."

Clarens, Maloti Route

Woodlands Escape

"Goeie naweekwegbreek."

Clarens, Maloti Route

Villa 176 @ Clarens

"Lyk of die skoonheid van die dorp so bietjie agteruit gegaan het, maar seker verstaanbaar met die pandemie op hande."

Clarens, Maloti Route

Arundel Studios

"Clarens, waar om te begin, ek kan nie wag om terug te gaan nie, definitief een van my gunstelinge in SA!"

Clarens, Maloti Route

Gypsy Guest House Clarens

"Ons is mal oor Clarens dis so 'n aangename dorpie met restaurante uit die boonste rakke."

Clarens, Maloti Route

Forever Clarens

"Clarens is een van die bestemmings wat ons probeer om ten minste een keer per jaar te besoek. Die pragtige omgewing is absoluut kos vir jou siel en jy wil nie huis toe gaan nie. Clementine's, Treats, Clarens Koöperasie restaurante word hoogs aanbeveel. Treats natuurlik fine dining en hulle ontbyte is uit 'n ander wêreld. Ons het hierdie keer Clarens Wellness Spa ook besoek. Die behandelings wat ons ontvang het was uit die boeke en die dames werksaam daar was baie vriendelik en uiters professioneel. Die buite-area by die Jacuzzi en die agterkant van die gebou kort bietjie opknapping en aandag. Baris Monger definitief 'n moet as jy spesifiek bokmelkkaas wil proe. Ongelooflik lekker. Die lekkerste bokmelkkaas wat ons nog geëet het. Die omgewing, groente, kruie en blomtuine is ongelooflik mooi. Indien jy ooit op soek is na oosterse matte besoek gerus House of Woven Art. Absolute puik diens en die pryse is baie billik."

Clarens, Maloti Route

Gypsy Guest House Clarens

"Lieflike plek om vir 'n naweek weg te breek en te rus."

Clarens, Maloti Route

Views

"Clarens is ons hemel op aarde! Kan ek méér sê? Dankie, Goeie Vader, vir hierdie beeldskone plek in die Vrystaat!"

Clarens, Maloti Route

V'Kansi Khaya

"Clarens is en bly 'n pragtige plek dwarsdeur die jaar."

Clarens, Maloti Route

Woodlands Retreat

"Pryse is buitensporig. Mense oor die algemeen nie vriendelik en behulpsaam nie. Inwoners is duidelik geïriteerd met toeriste. Hulle besef skynbaar nie dit is hul brood en botter nie. Clementines Restaurant kan hoog aanbeveel word vir top gehalte kos, aangename atmosfeer, goeie diens en billike pryse."

Page
Page 73 - Showing 2161 to 2190
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!