Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Merweville

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Merweville

Rated 4.5 out of 5 based on 137 reviews.

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Wat ‘n juweel van ‘n plek met die hartlikste mense!"

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Pragtige netjiese dorpie."

Merweville

Net Genade

"Lieflike skoon dorpie. Vriendelike mense. Voorwaar 'n juweel in die Karoo."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Koop rooiwyn en geniet die skoonheid van die Karoo!"

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Merweville is 'n pragtige dorp maar ligging is bietjie moeilik omdat jy spesifiek soontoe moet ry."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Baie interessante dorpie om te besoek. Alhoewel dit 'n entjie van die hoofweg is is dit die moeite werd om dit te besoek"

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"As jy dit nog nie besoek het nie, maak dit n prioriteit."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"

Merweville

Net Genade

"Ons het nuwe geskiedenis van ons mooi land geleer en sal graag weer in Merweville wil kuier."

Merweville

Net Genade

"Merweville het definitief sy eie bekoring. Netjiese dorpie en vriendelike mense. Trots op hul dorp. Reis op die N1 tot by Prins Albertstasie/Prins Albert Road en draai dan af na Merweville. Dit is maar 43 km teerpad tot op Merweville. Goeie Teerpad. Slaap ‘n nag of 2 oor op pad na jou eintlike bestemming. Ons sal dit graag weer wil doen."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Tyd het hier stil gaan staan. Pragtige, mooi skoon dorpie. Sal altyd 'n plan maak om daar te gaan kuier as ek die geleentheid kry."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"So 'n oulike, rustige dorpie. Mens rus goed hier!"

Merweville

Net Genade

"Besonderse Karoodorp."

Merweville

Net Genade

"Sit die dorpie op jou bucket list."

Merweville

Karoo Vreugde

"Pragtige, vriendelike, rustige plaasdorpie. Merwerville is definitief 'n plekkie om te besoek."

Merweville

Net Genade

"Wonderlike dorpie."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Pragtige klein netjiese dorpie met baie karakter."

Merweville

Springbok Lodge Merweville

"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Wat 'n klein paradys. Geen straatligte, buiten 2 privaat huise se sekuriteitsligte. Dorpie netjies en skoon. Alle inwoners van Merweville so vriendelik. Kan my nogal daar sien aftree. Sal Merweville beslis weer besoek."

Merweville

Karoo Vreugde

"Rustig en vreedsaam, met baie vriendelike inwoners. En al is die dorp klein het dit nog steeds al die geriewe wat jy benodig. Ons was besonder beïndruk met die netheid van die hele dorp en die goeie toestand van die huise en die erwe!"

Merweville

Net Genade

"Baie netjiese dorpie met 'n indrukwekkende kerkgebou. Opvallend hoe vriendelik die inwoners is."

Merweville

Net Genade

"Merweville self bied nie veel aan nie, maar die kerk is mooi en as daar kans is moet mense 'n bietjie oor die bestaan en die geskiedenis van die dorp leer."

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Pragtige klein dorpie met sy eie karakter en atmosfeer. Die tyd word deur die kerkklok aangegee. The simple life. Loved it. "

Merweville

Essies se Weglê-nessie

"Daar gaan nie veel aan op Merweville nie, maar dit is baie mooi daar, veral die sonsondergang. As jy bietjie wil wegbreek van die "Rat race" in die besige stede en alledaagse gejaag, sal ek dit beslis aanbeveel. Dit was ook interessant om in die dorpie te wees waar die reeks "Die Boekklub" geskiet was."

Merweville

Net Genade

"‘n Regte egte vriendelike Karoo-dorpie, waar my gunsteling Afrikaanse sepie, Die Boekklub, afgespeel het."

Merweville

Essies se Weglê-nessie

"Die mense behoort die sterreprag meer aggressief te bemark en so ook die wonderlike vleis en vleisprodukte van die plaaslike vleishandelaar. Ongelooflik."

Merweville

Net Genade

"Merweville is 'n rustige dorpie met genoeg stilte vir die siel. Gaan ontdek jouself opnuut. Dit is net 'n plekkie vir 'n nuwe ingesteldheid. Alles net genade. "

Merweville

Die Ou Winkeltjie

"Ek sou dit 'n 5 uit 5 gee as dit nie so vrek warm in Merweville was nie. Jy moet in ag neem, dit is in die middel van die Karoo. Verder is dit 'n baie stil, rustige en vriendelike dorpie. Perfek vir 'n wegbreek uit die gedruis van 'n besige lewe."

Merweville

Essies se Weglê-nessie

"Merweville is 'n verassingsdorpie in die Karoo. Die mense is baie vriendelik en wil graag bietjie gesels en hulp aanbied waar nodig."

Page
Page 4 - Showing 91 to 120
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!