Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Mpumalanga

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Mpumalanga

Rated 4.4 out of 5 based on 10163 reviews.

Marloth Park, Mpumalanga

Phumangeni Marloth Park

"Te veel aanbouings. Die plek gaan oorbevolk word as dit so aangaan."

Marloth Park, Mpumalanga

Royale Marlothi Safari Lodge

"Dis die lekkerste vakansiewegbreek as jy net bietjie wil wegbreek van die stadsgejaag. Home away from away effek. Een van ons gunstelingplekke!"

Marloth Park, Mpumalanga

Kruger River Retreat

"Ons geniet die rustigheid van Marlothpark ongelooflik."

Marloth Park, Mpumalanga

Getaway Bush

"Veilig en aangename plek om te gaan ontspan, as jy die regte huis bespreek."

Graskop, Mpumalanga

D & H Guesthouse Graskop

"Dorpie is klein en ouwêrelds, maar het alles wat mens nodig het. Oulike restaurante en kykplekkies. Swak teerpaaie met baie slaggate in die omgewing is 'n uitdaging, maar die pragtige natuurskoon en wonderlike mooi watervalle en uitsigte maak heeltemal op daarvoor. Die pad na Ohrigstad is tans onder konstruksie. Ons was net ontnugter oor die feit dat ons by elke uitkykpunt en waterval so baie toegangsfooie per persoon moes betaal, terwyl al hierdie goed, soos die watervalle en Canyon eintlik gratis besigtig en waardeer moet word. Landmerk-monumente word beskadig en gevandaliseer, soos die Jock of the Bushveld, Potgieter en Trichard Monument op die Ohrigstad-pad en die ander Monument in die Kolwynspas. Die Austrian Coffee Estate naby Bushbuckridge was baie interessant en beslis 'n besoek werd."

Standerton, Mpumalanga

The Log Cabin Apartment Hotel

"The roads are shocking in the town and surrounding areas! But this is not unique to Standerton."

Lydenburg, Mpumalanga

De Ark Guest House

"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."

Dullstroom, Mpumalanga

Jock's Cottages

"Pragtige plekkie met baie vriendelike mense. Oral hartlik ontvang."

Marloth Park, Mpumalanga

Kruger Kurper Villas

"Marlothpark baie kommersieel geraak. Dit raak baie besig met werkers wat in en uit ry. Aande is die beste wanneer dit stil en rustig is. Nogtans heerlik om die wilde diere te beleef."

Marloth Park, Mpumalanga

3875 Eagle

"Goeie sekuriteit, mooi plek, heelwat wild. Duur diesel. Nabygeleë basis as jy dagbesoeke wil doen in Krugerwildtuin. Goedkoopste diesel is by depot in Komatipoort."

Graskop, Mpumalanga

Mogodi Lodge

"Baie netjiese deel van ons land met asemrowende uitsig. Die Gorge, God's Window en Bourkes Luck, wonders van SA. Paaie net plek plek baie swak toestand."

Skukuza, Mpumalanga

SANParks Skukuza Rest Camp

"Puik en wonderlik, sal vir enige ouderdomsgroep aanbeveel. Die Krugerwildtuin op sy beste."

Marloth Park, Mpumalanga

Butterfly House

"Baie oulike opset, welgedaan. Restaurante, winkels en waterspeelpark is 'n bonus. Sommige paaie net baie verspoel en kort dringend aandag."

Sabie, Mpumalanga

Merry Pebbles Resort

"Dit het die laaste 15 jaar báie agteruitgegaan. Ek kon geen winkel opspoor wat sy-produkte verkoop nie. Ek het gedroom van 'n sy-kussingsloop, maar is weer weg sonder een."

Marloth Park, Mpumalanga

Ntwadumela

"Vir my is daar geen ander plek om 'n wintervakansie deur te bring nie."

Chrissiesmeer, Mpumalanga

Lake Chrissie Lodge

"Lovely Town! Restaurant (The Billiard Room) was amazing and really had amazing food and saved our tour to this town! Beautiful views of the lake and all locals were very friendly and helpful. Gin shop is worth a visit! Only real issue is that for a tourist spot, we found it extremely odd that most shops, tourist shops, were closed over the weekend, when they have visitors? But the shops we did see were great and the food really made up for our horrible stay."

Hazyview, Mpumalanga

Umbhaba Eco Lodge

"Die dorp is te veel verwaarloos en die paaie is vol slaggate. Seker maar soos die res van SA."

Marloth Park, Mpumalanga

896 Hedgehog

"Regtig 'n wonderlike plek om die natuur en wild te sien. Dorpie en winkel het alles wat jy nodig het en almal was vriendelik en behulpsaam."

Graskop, Mpumalanga

Blyde Chalets

"Heerlik naby alles en baie plekke besoek. Sal beslis Graskop aanbeveel."

White River, Mpumalanga

7 Saint Andrews

"Pragtig en vriendelike stad."

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"As jy bo by die Gorge Lift staan sal jy nooit kan glo hoe mooi dit daar onder is nie. Jy moet met die lift afgaan om daardie beeldskone tonele te gaan besigtig. Dit is die geld werd."

Mkhondo, Mpumalanga

Rohrs Farm Guesthouse

"Hartseer, maar ons platteland is besig om agteruit te loop. "

Kaapsehoop, Mpumalanga

Silver Mist Country Inn

"Dié plek om te wees vir 'n rustige en veilige verblyf!"

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Old Vic Traveller's Inn

"Moderne, groot dorp naby baie ander toerismebesienswaardighede."

Page
Page 118 - Showing 3511 to 3540
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!