Verified Reviews of Northern Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Northern Cape

Rated 4.03 out of 5 based on 4334 reviews.
Sannie M. - 11th August 2017
staying in Calvinia, Northern Cape
Geen blomme agv droogte, en toerisme lei daaronder.
Corlet P. - 10th August 2017
staying in Springbok, Northern Cape
Springbok is 'n goeie vakansiebestemming.
Corlet P. - 10th August 2017
staying in Blydeville, Northern Cape
Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming.
Mike S. - 8th August 2017
staying in Kimberley, Northern Cape
Big Hole Complex is a must for all locals and tourists.
Deon S. - 8th August 2017
staying in Hopetown, Northern Cape
Sien dit meer as 'n oornag dorp vir die toeris. Daar is nie baie anders te sien/doen nie. Rustig.
Ambrose D. - 8th August 2017
staying in Carnarvon, Northern Cape
'n Baie interessante plaasdorpie.
La V. - 7th August 2017
staying in Prieska, Northern Cape
Klein plekkie, maar rustig.
Leon V. - 7th August 2017
staying in Prieska, Northern Cape
Ken nie eintlik vir Prieska nie. Die Oranjerivier maak dit 'n puik bestemming vir die vissermanne en dit is presies halfpad tussen George en die Kgalagadi.
Marihan R. - 6th August 2017
staying in Augrabies, Northern Cape
Pragtig, moeite werd om te sien!
Karin M. - 3rd August 2017
staying in Die Rand, Northern Cape
Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep.
Jan F. - 3rd August 2017
staying in Colesberg, Northern Cape
Netjiese dorp met genoeg om te sien en aangename restaurante.
Angeline M. - 1st August 2017
staying in Springbok, Northern Cape
Pragtige plek.Sal volgende keer gaan as dit blommetyd is.
Leona V. - 1st August 2017
staying in Vanderkloof, Northern Cape
Baie mooi en ons sal enige tyd vir ons 'n naweek huisie daar wil aanskaf.
Arina D. - 31st July 2017
staying in Vanderkloof, Northern Cape
Exceptional.
M E P. - 31st July 2017
staying in De Aar, Northern Cape
Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon.
Annora E. - 31st July 2017
staying in Calvinia, Northern Cape
Calvinia was 'n besonderse ervaring, a.g.v. van die historiese bewaring van die ou huisies. Die Hantamhuis waar ons ontbyt geniet het, het sekerlik 'n baie interessante geskiedenis. Dit is 'n rustig-stil en pragige dorp en die rit oor die R364-bergpas was 'n ervaring. Die stilte van die Sederberge het my getref en ek het 'n pers blomtakkie, wat ek langs die pad gepluk het, op Leipoldt se graf gesit. Daar aan die voet van die Pakhuispas digby Clanwilliam, het ek weer opnuut respek gekry vir sy lieflike digkuns en hoe swaar hy gekry het in die tyd voor hy gesterf het. Ek het sommer 'n liedjie geskryf oor die Hantam-trippie van my toe ek terug was tuis. Dit moet wonderlik wees om 'n ruk lank daar op 'n plaas te kan bly en te skryf. Daar is dele van die Botterkloofpas se grondpad wat moeilik ry as jy net 'n gewone kar het en daar is lang dele sonder ontvangs met min voertuie wat verbyry. Ek het dikwels gestop - dit was Julie en die lug was skerpvars en koel. Heerlik. My dogter Liona moes werk doen op Calvinia, so ek het haar daar ontmoet en ons kon bietjie maar ook net weer vir 'n slaggie LekkeKuier en LekkeSlaap innie Kaap. Toe is ek terug Kaapstad toe en sy is terug Johannesburg toe. Al twee bekoor deur die Namakwadistrik van die grote Noord-Kaap en die verre Sederberge.
Ulandi J. - 31st July 2017
staying in Colesberg, Northern Cape
Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!
Riaan S. - 30th July 2017
staying in Green Kalahari, Northern Cape
Baie mooi omgewing en naby Witsand.
Kevin P. - 30th July 2017
staying in Augrabies, Northern Cape
Augrabies is a long way to travel from Cape Town but well worth the trip. Apart from the falls, there are very interesting game drives and nature trails to explore day and at night.
Jan S. - 29th July 2017
staying in Springbok, Northern Cape
Mooi veilige stil slaapplek in Springbok.
Herman P. - 29th July 2017
staying in Springbok, Northern Cape
Daar was nie baie tyd om Springbok te verken nie. Die dele wat ons gesien het was pragtig. Die omgewing is baie netjies en skoon.
Yvonne V. - 28th July 2017
staying in Colesberg, Northern Cape
Interesting history but not for a holiday destination, rather a stopover!
Erika S. - 28th July 2017
staying in Nieuwoudtville, Northern Cape
Moeite werd om omgewing te verken.
Karina F. - 27th July 2017
staying in Richmond, Northern Cape
Richmond was letterlik net 'n pitstop vir ons op pad Kaapstad toe. So, ons het nie tyd gehad om lank daar te vertoef nie en het ook dus nie veel navorsing gedoen om te sien wat ons daar kan doen nie.
Elmarie V. - 27th July 2017
staying in Victoria West, Northern Cape
Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!
Frederik M. - 26th July 2017
staying in Colesberg, Northern Cape
Hou maar by die spoedgrens.
Hanlie L. - 26th July 2017
staying in Williston, Northern Cape
Ons was bly om 'n restaurant te vind wat op 'n Sondagaand oop was!
Nico D. - 25th July 2017
staying in Victoria West, Northern Cape
Nie werklik lank vertoef en in die dorp rondgeloop nie omdat dit bitter koud daar was!
Stoney S. - 25th July 2017
staying in Kuruman, Northern Cape
Netheid van die dorp kan aandag geniet.
Sarel H. - 25th July 2017
staying in Northern Cape
Daar is ongelooflik baie om te ontdek in die Noord-Kaap. Met die groot ruimtes bied die Noord-Kaap 'n spesiale ervaring met dit wat daar te sien is en die vriendelikheid van die mense.
Braydon D. - 24th July 2017
staying in Colesberg, Northern Cape
Colesberg is 'n rustige dorpie, met pragtige ou huise. Net bitter koud in die winter.
Althea M. - 24th July 2017
staying in Kimberley, Northern Cape
Die Gat is interressant om te besoek. Die area rondom die Gat kort skoonmaak deur die munisipaliteit. Magersfontein is ook interressant om te besoek.
Lynelle S. - 24th July 2017
staying in Kamieskroon, Northern Cape
Die dorpie is klein en rustig met min mense - ons hou van natuur en die stilte en dit pas ons dus perfek. Daar is 'n winkel met die nodige beskikbaar op die dorpie. As jy 'n rustige, mooi omgewing soek, is Kamieskroon die plek vir jou!
Adri B. - 24th July 2017
staying in Calvinia, Northern Cape
Heerlikste skaappasteie gekoop.
Jan L. - 24th July 2017
staying in Hopetown, Northern Cape
Wat ek gesien het was interessant.
Lita B. - 24th July 2017
staying in Calvinia, Northern Cape
Baie lekker geëet by Die Blou Nartjie.
Pierre M. - 23rd July 2017
staying in Kimberley, Northern Cape
Ons het dit geniet om terug te gaan na 'n era waar diamante ongelooflike rykdom gebring het.
Pierre M. - 23rd July 2017
staying in Prieska, Northern Cape
Wonderlike Karoodorp.
Steven J. - 23rd July 2017
staying in Herlear, Northern Cape
Ideaal en sentraal om verskeie museums in Kimberley te besigtig. Die woongebied is ook naby Kimberley se gat en daar is ook 'n paar groot winkelsentrums naby.
Neels K. - 23rd July 2017
staying in Hadison Park, Northern Cape
Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com