Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10519 reviews.
"Pragtige dorp met lekker restaurante. Die ou wit kerk is baie interessant om te besoek. Daar is ook die Bontebok Nasionale Park, asook staproetes en vrugte wat Swellendam uniek maak, al kon ons nie als besoek nie. Beslis 'n volgende keer."
"Die dorp is geleë in 'n natuurreservaat geen straatligte. Pikkewyne by die dosyne, dassies en bokkies het ons kom groet. Ongerepte natuurskoon."
"Aangesien dit een van die oudste dorpe in SA is, is die boustyle pragtig. Baie mooi boomryk."
"So baie om te doen van wynproe en fietsry tot net rustig sit en die natuur waardeer!"
"Baie oulike dorp en winkels, onder andere die gewilde "Blou Bakkie". Hou van hulle gepaste leuse: Ons (die boergemeenskap) bring die plaas na die see."
"Pragtige, plattelandse dorp waar die ikoniese Voet van Afrika Wedloop al sedert 1978 met groot sukses aangebied word!"
"Ek dink die kusdorpie hou bekoring enige maand van die jaar. Baie om te kom sien en ervaar. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik. Iets vir elke smaak en voorkeur."
"Ons kon interessante plekke soos die pikkewynhospitaal en Walkerbaai se grot besoek. Gansbaai is ook naby genoeg vir 'n dagbesoek aan Hermanus."
"Mooi maar te besig by winkels oor die naweek. Slegs om hout te koop, want Oaklane se hout is nat."
"Lekker, rustige dorpie met die mooiste aanskouings waar jy honderde foto's kan neem indien jy mal is oor foto's!"
"So mooi en lekker stil, jammer ons het nie deur die dag meer tyd gehad om rond te loop nie. "
"Gerieflike wandelpaadjies langs die see wat deur veiligheidswagte gepatrolleer word. Ons was baie gelukkig om heelwat walvisse met kleintjies sommer naby aan die kant - van die rotse af - te kon sien. Het die omgewing en aktiwiteite daar baie geniet."
"The town has several big supermarkets and restaurant chains. Everything we needed."