Verified Reviews of Oyster Bay

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Oyster Bay

Rated 4.44 out of 5 based on 39 reviews.
Elsabe S. - 8th June 2021
staying in Oyster Bay
If you want to get away from the noise and busy city life, then Oesterbaai is the place! It's so peaceful and quiet, the people are so friendly! The little restaurant with its amazing sea views and good food is a must visit!
Andries T. - 12th May 2021
staying in Oyster Bay
Mooier as mooi.
Van Zyl B. - 7th April 2021
staying in Oyster Bay
Prentjiemooi en rustig!
Helmon H. - 5th April 2021
staying in Oyster Bay
'n Rustige klein dorpie by die see met 'n pragtig strand wat eindeloos strek. Die ideale plek as mens net wil ontspan.
Erna B. - 29th March 2021
staying in Oyster Bay
Al nadeel is die lang grondpad wat mens moet ry, en as mens siek raak daar is die naaste dokter of apteek eers in Humansdorp.
Letitia K. - 23rd March 2021
staying in Oyster Bay
Sal terug wees.
Christo C. - 15th February 2021
staying in Oyster Bay
Pragtige strand, rustig. Net een nadeel: die grondpad na Oesterbaai is 'n groot ongerief.
Sonja C. - 9th January 2021
staying in Oyster Bay
Mooiste plek en lekker stil.
Christo V. - 8th January 2021
staying in Oyster Bay
Fantastiese juweel.
Jan S. - 8th January 2021
staying in Oyster Bay
Pragtige dorpie as jy wil wegkom van almal en alles.
Ronel D. - 7th December 2020
staying in Oyster Bay
Baie stil en veilig. Bring familie nader aan mekaar.
Hans En Rika S. - 15th November 2020
staying in Oyster Bay
Die feit dat dit redelik afgeleë is maak dit vir ons aantreklik. Of dit die oorseese reisigers en jonger mense gaan tevrede stel is 'n ope vraag. Vir ouer toeriste wat stilte soek is dit ideaal.
Karina S. - 22nd October 2020
staying in Oyster Bay
Pragtige plek!
Wilna L. - 20th October 2020
staying in Oyster Bay
So jammer oor die erge besoedeling, wat die tjokkabote veroorsaak.
Danielle L. - 6th October 2020
staying in Oyster Bay
Not much to do in Oyster Bay other than the amazing beach!
Gerda L. - 22nd February 2020
staying in Oyster Bay
Oesterbaai is verruklik. Die natuurskoon slaan 'n mens se asem weg. Orals waar jy kyk is dit ongelooflik mooi.
Elaine E. - 17th February 2020
staying in Oyster Bay
Die mooiste klein juweeltjie teen die kus van die Oos-Kaap.
Dawie S. - 12th January 2020
staying in Oyster Bay
Oyster Bay in the summer over December and January is a wonderful quiet place to stay if you need to get away from the rat race. It's not Jeffrey's Bay with lots of noise. I would recommend if you plan to go to Oyster Bay make sure you take all the essentials since there is no big shops like in Jeffrey's. There is however a small local shop and restaurant that has all the basics. The gravel road there is pretty ruff and you don't want to drive it up and down everyday, so make sure you plan your trips. All and all, a nice safe place to go for a family holiday.
Egbert S. - 29th May 2019
staying in Oyster Bay
Die pad daarheen is pateties. Die see-uitsigte pragtig, maar om by die water uit te kom is 'n probleem.
Marlene S. - 16th January 2019
staying in Oyster Bay
Ons hou daarvan om rustig in die klein dorpie te bly. St Francis is so naby dat jy vinnig kan deur ry as jy by die winkels en restaurante wil wees.
Sunika T. - 14th January 2019
staying in Oyster Bay
Die dorpie Oesterbaai is heerlik rustig en as jy stilte en afsondering soek is dit die plek om te besoek.
Antoinette B. - 30th December 2018
staying in Oyster Bay
Lekker rustige plek by die see!
Erica V. - 24th December 2018
staying in Oyster Bay
Oesterbaai het ons harte gesteel. As jy na 'n stiller, rustige bestemming soek, is Oesterbaai vir jou! Ons het 'n ongelooflike lekker gesinsvakansie gehad in Oesterbaai.
Herman L. - 18th November 2018
staying in Oyster Bay
Sal graag binne seisoen wil sien.
Aldi V. - 10th April 2018
staying in Oyster Bay
Mens moet regtig wil gaan, die grondpad van beide kante af is sleg en jy moet alles wat nodig is saamry.
Johan F. - 2nd November 2017
staying in Oyster Bay
Oesterbaai is 'n ongerepte, veilige vakansie bestemming waar die huise nog nie diefwering het nie. Die 20 km pad tot daar is eintlik baie positief!
Jim V. - 27th October 2017
staying in Oyster Bay
As jy jouself kan vermaak, is dit die regte plek!
Sebastian B. - 5th September 2017
staying in Oyster Bay
Oesterbaai het 'n spesiale bekoring as jy eensaamheid en stilte soek. Lieflike strand. Neem egter in ag dat daar min geriewe is (een restourant, een winkel met baie beperkte voorraad) en dat die naaste dorp 30 km met 'n grondpad is. Daar is ook min om te doen behalwe vir stap en swem. Ek wou dit so hê, maar dit is nie almal se koppie tee nie.
Stella B. - 12th August 2017
staying in Oyster Bay
Oesterbaai is die perfekte toeristebestemming vir persone wat van rustigheid hou, graag lees en gaan stap. Daar is ongelukkig geen ander vermaak nie maar dis 'n baie mooi ongerepte omgewing. Die mense is baie vriendelik en 'n mens voel veilig daar. Ongelukkig is die pad daarheen baie sleg en uitgetrap hoofsaaklik as gevolg van die melklorries wat daar beweeg. Dis aan te beveel om verkieslik ten minste met 'n ligte 4x4 voertuig daarheen te gaan. Selfoon- en TV-ontvangs is baie goed.
Callie V. - 23rd July 2017
staying in Oyster Bay
Toeriste moet kennis neem dat dit grondpaaie is wat jy moet ry om by Oesterbaai te kom.
Hannes R. - 20th July 2017
staying in Oyster Bay
Oesterbaai is gewoonlik stil en is nie die tipiese oorbevolkte en raserige vakansiebestemming nie. Dit is ideaal vir 'n wegbreek waar die doel is om weg te kom van die besige lewe. Omdat daar nie baie toeriste kom nie, moet mens egter voorsiening maak daarvoor dat die winkel nie alles aanhou nie, en dat voorrade op Humansdorp (30 km) aangekoop moet word.
Hester C. - 28th December 2016
staying in Oyster Bay
Die groot sandduine is 'n belewenis en die kinders kan daar baljaar met 'n glyplank. Lieflike omgewing.
Maryke V. - 25th October 2016
staying in Oyster Bay
Pragtige plek - enigste nadeel is die grondpad.
Ronel V. - 8th January 2016
staying in Oyster Bay
Wonderlike stil plekkie, ongerep en veilig. Ons hoop dit bly so en word nie gekommersialiseer soos soveel ander juwele nie.
Johan E. - 6th January 2016
staying in Oyster Bay
Dit was ons eerste besoek aan Oyster Bay, ons het lekker gerus en dit was beslis die moeite werd gewees. As daar een negatiewe kommentaar is oor Oyster Bay dan is dit die plus minus 18km grondpad vanaf Kaap St Francis se kant of plus minus 25km grondpad vanaf Humansdorp se kant af. Ons het so min as moontlik rondgery vanwee die grondpad.
Mariska B. - 10th April 2015
staying in Oyster Bay
Klein gemeenskap, maar die vriendelikste en mees behulpsame mense wat ek nog teëgekom het.
Rachel S. - 31st March 2015
staying in Oyster Bay
Lekker van die gewoel af, veral buite seisoen. Lang strande, pragtige sonsondergang.
Jaco B. - 13th January 2015
staying in Oyster Bay
Oyster Bay B&B is seker een van die beste B&B wat ek en my gesin nog in gebly het!
Cecile S. - 1st January 2015
staying in Oyster Bay
Oesterbaai is afgesonder en kan net met 'n grondpad bereik word. Dit maak dit so 'n rustige, ongerepte plek by die see. Die pragtigste strand en vriendelike inwoners. Ons hoop regtig dat daar nie groot ontwikkelinge plaasvind nie, want dan gaan die rustigheid verlore. As jy wil rus is Oesterbaai die plek.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]