Verified Reviews of Paternoster

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster

Rated 4.6 out of 5 based on 1345 reviews.
Japie V. - 28th August 2017
staying in Paternoster
Wat 'n pragtige plek!
Etienne P. - 26th August 2017
staying in Paternoster
Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon.
Philip K. - 24th August 2017
staying in Paternoster
Pragtige dorp met baie sjarme.
Hanlie H. - 23rd August 2017
staying in Paternoster
My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is.
Deon S. - 22nd August 2017
staying in Paternoster
Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie.
Christelle L. - 22nd August 2017
staying in Paternoster
Beeldskone dorpie! Voel soos alternatiewe realiteit , kan beswaarlik glo die stad is net om die draai! Lieflike restaurante, koffiewinkeltjies en snuffelhoekies! Tietiesbaai net om die draai verskaf ekstra natuurbetowering! Sal beslis weer en weer besoek!
Bertu N. - 22nd August 2017
staying in Paternoster
Blomme was ook baie mooi.
Stacey S. - 21st August 2017
staying in Paternoster
Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday.
Leoni S. - 18th August 2017
staying in Paternoster
Paternoster is die heerlikste plek om werklik te gaan ontspan.
Charl D. - 15th August 2017
staying in Paternoster
Baie oulike dorpie en vriendelike mense.
Theunis V. - 15th August 2017
staying in Paternoster
Baie mooi dorpie en die strand is ook mooi.
Andie V. - 15th August 2017
staying in Paternoster
Pragtige plek met dierbare mense.
Charles V. - 14th August 2017
staying in Paternoster
Lekker wegbreekdorpie. Vriendelike mense. Puik restaurante.
Ria J. - 14th August 2017
staying in Paternoster
Pragtige plek!
Johann H. - 12th August 2017
staying in Paternoster
Nostalgies en so mooi.
Julia V. - 11th August 2017
staying in Paternoster
Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see.
Izak V. - 11th August 2017
staying in Paternoster
'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie.
Jan D. - 10th August 2017
staying in Paternoster
Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!
Wikje S. - 8th August 2017
staying in Paternoster
Heerlik.
Clive W. - 8th August 2017
staying in Paternoster
Sal graag daar wil oorbly met toekomstige Jazz Festivals op Tietiesbaai.
Janine M. - 5th August 2017
staying in Paternoster
Fantastic getaway.
Marthsu P. - 31st July 2017
staying in Paternoster
Ons het Paternoster besoek in hulle af seisoen so daar was 'n hele paar plekkies wat toe was, maar dit was nie 'n probleem nie. Die see is ongelooflik mooi en dit is dalk een van die redes dat ons bietjie teleurgesteld was, want die see word nou so toegebou deur dubbelverdiepings. Die dorpie se plaaslike mense intimideer 'n mens bietjie, want maak nie saak waar jy uitklim nie die mense storm op jou af om goed te verkoop en is dan regtig snaaks as jy nie iets vat nie. Ons was 'n paar keer benoud in daardie opsig. Daar is ook by ons vakansiehuis ingebreek en behoorlik buit gemaak op ons goedjies. Ek dink daar moet bestee word aan 'n tipe van 'n reaksie mag wat in Paternoster gestasioneer is en wat onmiddellik kan optree as iets gebeur of dalk sal selfs net die teenwoordigheid van so iets in die dorp die diefstal bietjie kniehalter. Verder was die plekkies wat ons besoek het baie oulik, maar het ons gevind dat baie van die plekkies se eienaar baie kortaf was. Baie mooi plekkie, was net nie so idillies soos van ouds nie,
Johan J. - 27th July 2017
staying in Paternoster
Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker.
Johan V. - 25th July 2017
staying in Paternoster
Dis die juweel van die Weskus.
Marilynn H. - 24th July 2017
staying in Paternoster
Ek sal elke keer teruggaan, sal nooit uitgekuier raak in die pragtige rustige seedorpie nie.
Bennie S. - 24th July 2017
staying in Paternoster
Pragtig en so goed bewaar! Ideale vakansiebestemming!
Danie D. - 24th July 2017
staying in Paternoster
Bedelaars soms baie lastig.
Merieke A. - 17th July 2017
staying in Paternoster
Verstaan nou die term Weskusdorpie. Klein, maar persoonlik genoeg sodat jy tuis voel. Beslis 'n plek om na terug te keer.
Natasha J. - 14th July 2017
staying in Paternoster
Baie mooi en rustig.
Annelie W. - 13th July 2017
staying in Paternoster
Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!
Siebert M. - 12th July 2017
staying in Paternoster
Kan verbeter as toerisme-aantreklikheid indien veiligheid opgeskerp kan word.
Potjie G. - 11th July 2017
staying in Paternoster
Pragtige seedorp.
Athina D. - 11th July 2017
staying in Paternoster
Sal nooit Patrenoster alleen besoek of byvoorbeeld vir 'n 'girls weekend' nie. Diefstal is 'n probeem.
Ferdi B. - 10th July 2017
staying in Paternoster
Baie lekker plek met 'n groot karakter. Goeie eetplekke en baie om te sien.
Ernst V. - 26th June 2017
staying in Paternoster
Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane.
Andrew H. - 22nd June 2017
staying in Paternoster
We felt very safe and love the tranquility of Paternoster.
Jo-maré W. - 22nd June 2017
staying in Paternoster
Gewoonlik baie koud en wind wat waai, maar het fantastiese weer gehad!
Deon D. - 22nd June 2017
staying in Paternoster
Paternoster is 'n wonderlike vakansiebestemming as jy hou van stilte en rustigheid. Die paar eetplekke wat ons besoek het staan vir niemand terug nie. By De Seekat het ek die heerlikste kingklip van my lewe gehad en Voorstrand se snoek-samoosas is baie lekker. Die winkeltjies bied alles wat mens nodig het en die Oumabrood en biltong by die Express was heerlik. Daar is ongelukkig 'n klein bedelaars-element teenwoordig in die dorp. Ek dink wel mens moet maar na Langebaan toe ry vir vleis. Vanaf Paternoster is daar 'n hele paar plekke in gemaklike ryafstand om op te soek, maar anders kan mens maar net op die strand bly en die skoonheid van die omgewing indrink.
Zoleka B. - 22nd June 2017
staying in Paternoster
The stay would have been much more nicer if they had parks for kids. Kids are busy and they get bored easy, a park would have been a nice distraction.
Hendri P. - 18th June 2017
staying in Paternoster
Paternoster was altyd ongekunsteld en wonderlik. Dit het in die laaste paar jaar baie gekommersaliseerd geraak en dit neem bietjie van die wonderlike daardie eense ongekunsteldheid weg. Dit bly egter ons gunsteling plek en tyd staan nie stil nie. Dis verblydend om te sien dat die bruin gemeenskap hulle staan staan deur nie hulle huise op te gee vir stadsgeld nie. Dit is jammer dat geld die plek begin oorheers.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com