Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Philippolis

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Philippolis

Rated 4.1 out of 5 based on 218 reviews.

Philippolis

Kanon Guest House

"Lieflike dorpie, baie geskiedenis en vriendelike mense. Voel baie veilig en tuis daar!"

Philippolis

@ Philippolis Guest House

"Kan dalk meer doen om toeriste inligting te deel in 'n beskikbare manier."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Ryk geskiedenis. Sal volgende keer meer tyd daar spandeer."

Philippolis

Die Stal

"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."

Philippolis

@ Philippolis Guest House

"Ons sal beslis weer daar draai."

Philippolis

Kanon Guest House

"For overnight trip, it is a lovely quiet stopover."

Philippolis

Kanon Guest House

"Lieflike dorpie met baie vriendelike mense. Dis nie 'n plek vir lang verblyf nie, maar 'n lekker ontspanne plek vir 'n dag of twee. Dit voel behoorlik of mens terugstap in tyd."

Philippolis

Die Stal

"Dit spring nie uit as hoof aantreklikheid nie, maar spring verseker uit as 'n besonderse dorpie met 'n energie en 'n stilte wat betower."

Philippolis

Van der Post Accommodation

"Beslis 'n besoek werd vir mense wat belangstel in ons land se geskiedenis."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"A must once in a lifetime experience. Stargazing paradise. "

Philippolis

Van der Post Accommodation

"Die dorp blyk goed versorg te wees.Die kerk en van die geboue in hoofstraat is 'n bewys daarvan. "

Philippolis

Anker Guesthouse

"Ons het die saalperd streekskou baie geniet. Die dorpie is klein, maar ons kan alles wat ons nodig het in die dorp kry."

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Plekke is nie 24-uur per dag oop nie. Die museums is nie oop op Sondae nie."

Philippolis

Kanon Guest House

"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."

Philippolis

Kanon Guest House

"Interessante en mooi dorpie!"

Philippolis

Kanon Guest House

"Persone kan gerus hul vakansie so beplan om meer as een nag /dag daar te spandeer. Daar is baie plekke vir die toeriste om te verken. Sal weer na Philippolis reis."

Philippolis

Van der Post Accommodation

"Philippolis is 'n pragtige dorpie en mens kan sien daar word daadwerklik moeite gedoen om die dorp netjies te hou. Ek was aangenaam verras! Dit bly 'n baie klein dorpie en dink nie daar is heelwat om te doen vir kids nie - maar vir oornag was dit perfek!"

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"Ek hou baie van Philippolis - dit is mooi, relatief netjiese dorpie met interessante argitektuur en ek sal dit enige tyd aanbeveel vir 'n detour of oornagstop."

Philippolis

Kanon Guest House

"Ons het by die plaaslike hotel aandete geniet wat 'n fantastiese ervaring was. Vriendelike personeel en kos uit die boeke."

Philippolis

Kanon Guest House

"Dit het ongelukkig gereën die aand en oggend wat ons in Philippolis was en kon nie die dorp verken nie. Dit is blykbaar 'n baie geskiedkundige plek en ons sal beslis weer daar wil tuisgaan om die dorp beter te leer ken."

Philippolis

Van der Post Accommodation

"Philippolis is 'n pragtige dorpie, maar dit gaan vinnig agteruit."

Philippolis

Kanon Guest House

"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."

Philippolis

@ Philippolis Guest House

"Pragtige rustige plattelandse dorp waar daar nog mense is wat die strate skoonvee en groet al ken hulle jou nie. "

Philippolis

Anker Guesthouse

"Dit is 'n "one horse town", maar beslis 'n besoek werd."

Philippolis

Anker Guesthouse

"Beslis 'n besoek werd. Rustigheid en stilte. "

Philippolis

Anker Guesthouse

"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."

Philippolis

Kanon Guest House

"'n Juweel wat nog gevind moet word. Beeldskone dorp en vriendelike mense!"

Philippolis

Cilliers Tuis Huis - Tobie Muller Street

"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "

Philippolis

Anker Guesthouse

"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."

Philippolis

Anker Guesthouse

"Philippolis is 'n stil en rustige dorpie. Ons het laataand van die restaurant af geloop tot by die gastehuis en het veilig gevoel. Die sterrehemel was iets om te aanskou! En om vroegoggend 'n haan te hoor kraai was 'n pluspunt vir my! "

Page
Page 7 - Showing 181 to 210
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!