Verified Reviews
Steytlerville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Steytlerville
Rated 4.1 out of 5 based on 59 reviews.
"Pragtige skoon dorp en lekker om te hoor hoe kinders lag en gesels in die hoof straat."
"Steytlerville is 'n baie netjiese Karoo-dorp wat regtig aanbeveel kan word vir enige iemand wat die Karoo wil verken. Nie al die Karoo-dorpe in die omgewing kan van dieselfde skoonheid getuig nie. Die dorpsgebied van Steytlerville is netjies en goeie onderhoud is sigbaar. Die Karoo-huise bied welkome bekorings om te sien. Die sonsondergangtonele en pienk-lug-bekoring is asemrowend. Daar is verskeie goed om te beleef en te doen. Daar is ook oulike eetplekke. Die Royal Hotel bied 'n goeie lafenis en goeie spyskaart. As jy lief is vir foto's neem en veral geboue is Steytlerville 'n moet op jou reiskaart. Hier kan jy Karoo-mooiheid beleef. Dit is ook 'n aanbeveling om die grondpad na Mount Stewart te neem en die draai-rotsformasies te beleef."
"Die Royal Hotel vir drankies en etes. Dit is 'n aangename dorpie met mooi geboue en huise. Alles is loopafstand."
"Steytlerville is net 'n 1 nag oorslaapplekkie as 'n mens 'n "road trip" gedoen het soos ons."
"Pragtige kerk met interessante tuin. Die bordjies met die familiewapens kan bietjie opgeknap word."
"Steytlerville is a place to relax, the people of Steytlerville are so welcoming and friendly. Die Rooi Malva is definitely a place to pop in for a quick bite. "
"'n Interessante Karoo-dorp, maar die fasiliteite is maar dun. Ons moes werklik hard soek om 'n skaapvleisie te kry - ons het gebrip vir die droogte, maar dis goed om bedag te wees indien 'n mens ver ry en dan gou ietsie wil aanskaf vir 'n braai of 'n pot."
"Verskriklike netjiese dorpie. Tot die kinders staan reg met hark om skoon te maak. Baie vriendelike mense."