Verified Reviews of Victoria West

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Victoria West

Rated 3.79 out of 5 based on 134 reviews.
Marius V. - 16th May 2018
staying in Victoria West
Dit is 'n upcoming bestemming.
Liesl T. - 14th May 2018
staying in Victoria West
Clean and friendly town!
Dawie B. - 11th May 2018
staying in Victoria West
Geen voldoende geriewe vir na-ure se etes nie.
Rudolph O. - 3rd May 2018
staying in Victoria West
Baie eenvoudige, maar mooi klein Karoo dorpie, nie baie groot nie, maar nogtans stylvol en interessant.
Karlien N. - 24th April 2018
staying in Victoria West
As jy 'n Karookind soos ek is, het die Karoo 'n anderse besonderse mooi. Seker nie 'n toerismebestemming nie, maar die mooi lê in die sterre, oop lug en vlaktes.
Isabel H. - 14th April 2018
staying in Victoria West
Very nice, small Karoo town.
Jan B. - 28th March 2018
staying in Victoria West
Die steak en gasvryheid by die hotel was goed.
Sally S. - 27th March 2018
staying in Victoria West
Baie vriendelike mense!
Annamarie N. - 7th March 2018
staying in Victoria West
Ons was op pad na Sutherland en plaaslike mense het ons aanbeveel om via Matjiesfontein om te ry. Ons was aangenaam verras. Dis 'n pragtige pad en Matjiesfontein is 'n fees.
Gail D. - 4th February 2018
staying in Victoria West
It is rich in history and certainly a jewel to be discovered.
Gerhard C. - 29th January 2018
staying in Victoria West
Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp.
Liana F. - 16th January 2018
staying in Victoria West
Pragtige en stil dorpie in die Karoo.
Arnold J. - 15th January 2018
staying in Victoria West
Die droogte het watervoorsieningsprobleme in die dorp tot gevolg. Die plaaslike opgaardam is kurkdroog.
Mike D. - 15th January 2018
staying in Victoria West
Die hotel voorsien lieflike en smaaklike etes. Dit was 'n nuwe ervaring vir ons om hier oor te bly, ons eerste maar nie die laaste nie.
Emsie H. - 10th January 2018
staying in Victoria West
Ongerepte Karoodorpie - stil en rustig.
Ria D. - 10th January 2018
staying in Victoria West
Pragtige dorpie wat baie ontwikkel het afgelope paar jaar.
Pat H. - 9th January 2018
staying in Victoria West
Baie interessante dorpie. Het al baie daar deurgery en nie besef hoe mooi dit eintlik is nie.
Johan D. - 9th January 2018
staying in Victoria West
Baie oulike geboutjies in hoofstraat, net die regte plek vir beleggers om van dorpie 'n heerlike besienswaardige plek te maak wat dan ook meer vakansiegangers sal lok. Wat 'n verrassing om nog grondpaaie te sien in van die strate. Hou dit gerus so. Was heerlik om in Victoria West te kon oornag.
Sanet C. - 8th January 2018
staying in Victoria West
Dink dit is 'n oulike en rustige dorpie, en dit is goed geleë om halfpad te oornag.
Christelle D. - 8th January 2018
staying in Victoria West
Baie oulike dorpie met mooi ou geboue en kerke.
Werner D. - 8th January 2018
staying in Victoria West
Baie lekker. Dit is 'n klein plekkie wat vol kultuur is.
Marlene W. - 8th January 2018
staying in Victoria West
Die dorp se water was af tussen 6pm en 10pm. Dit was sleg. Dis blykbaar 'n gereelde probleem.
Monique M. - 8th January 2018
staying in Victoria West
Hotel se restaurant fantasties,pragtig binne, diens uitstekend en kos uitstekend. Kok kom self om en knoop geselsies aan.
Rudie V. - 7th January 2018
staying in Victoria West
Slaap gerus oor en besoek die museum en ander besienswaardighede.
Jeanne P. - 7th January 2018
staying in Victoria West
Vrek warm, maar 'n ware Karoo dorpie met karakter.
Lizelle L. - 3rd January 2018
staying in Victoria West
'n Pragtige Karoodorp met stofstrate, windpompe en mense wat mekaar in die strate groet! Mal daaroor. As jy hou van blink liggies en aksie, is hierdie nie vir jou nie. Hier hoor jy nie eers 'n hond blaf nie!
Patricia D. - 1st January 2018
staying in Victoria West
Moet miskien daar regtig stop en kyk, maar vir 40 jaar ry ons altyd deur en is die eerste keer wat ons daar slaap.
Zaiboon L. - 1st January 2018
staying in Victoria West
Peaceful place for an overnight stay.
Sonet V. - 30th December 2017
staying in Victoria West
Interessante ou Karoodorp!
Riaan B. - 28th December 2017
staying in Victoria West
Netjiese en skoon dorp.
Bertha W. - 28th December 2017
staying in Victoria West
Victoria-Wes is 'n charming klein dorpie met veel te sien - die kerk wat Kersmusiek gespeel het in die oggend en aand was 'n hoogtepunt om ons in die vakansieluim te kry. Die Anglikaanse kerk het 'n mooi storie agter hulle loodglas vensters en die Apollo Teater se art deco styl kan net bewonder word. Daar is ook staproetes in die reservaat. En natuurlik 'n lekker restaurant vir die wat honger is en nie wil kook nie!
Dave K. - 25th December 2017
staying in Victoria West
I rate it as excellent but only because we stayed at Moonlight Manor. All the shops were closed when we got there, so it made it a little bit uncomfortable.
Rae G. - 25th December 2017
staying in Victoria West
Nie veel van Victoria West gesien nie. Straat op pad na gastehuis lyk bietjie neerslagtig, maar die gastehuis 'n gawe verassing. Sal moeite doen om weer daar oor te bly.
Johan V. - 25th December 2017
staying in Victoria West
Baie mooi plek en puik diens.
Jeffrey D. - 21st December 2017
staying in Victoria West
Skoon, net 'n verby-ry dorp.
Magda D. - 21st December 2017
staying in Victoria West
Het nie kans gehad om die dorp te verken nie, maar kan die Merino Restaurant ook aanbeveel.
Christiaan L. - 21st December 2017
staying in Victoria West
Die arme dorpie het so baie wat hy kan bied, maar dit was 'n baie groot teleurstelling dat die munisipaliteit veroorsaak het dat die onstabiele watertoevoer inwoners se lewens en besoekers se ervaring so negatief beïnvloed. As jy gelukkig is, is daar water, anders nie. So hou maar in gedagte indien jy die dorp besoek. Die restaurant, Ka'Roux, wat ons besoek het, het ongelukkig ook baie om te leer i.t.v. beplanning, en om seker te maak hulle help nie eerder 'n hele restaurant se mense voor hulle 'n tafel van 6 oor 'n uur laat sit en wag voor hule enigsins daaraan begin dink om hulle voorgereg mee te begin nie. Die kos se kwaliteit was wel baie goed en van 'n hoe standaard, al moes ons die kombuis en kelners konstant herinner om nie van ons te vergeet nie. Teen daai menu pryse kan hulle vir seker baie beter, slimmer diens ook lewer.
Liza V. - 20th December 2017
staying in Victoria West
Pragtige dorp.
Dawn K. - 18th December 2017
staying in Victoria West
Unfortunately the town was a disappointment. The streets were strewn with litter, the cemetery especially is a disgrace with some graves having been vandalized and others having sunk into sinkholes, most buildings are not being maintained properly and there is very little to do in the form of entertainment. The extreme drought and heat add to an air of shabbiness. Some of the residents we spoke to were however, very friendly and colourful characters. It is such a pity to witness the decline of this small town but hats off to a few individuals who are doing their best to bring about improvements.
Koos B. - 18th December 2017
staying in Victoria West
Oulike Karoo-dorp. Reisigers moet meer afdraai, indraai en sodoende iets van die Karoo leefstyl ervaar.