Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Elsabe K. - 27th February 2019
staying in Moorreesburg, Western Cape
Netjiese dorp.
Hermina N. - 27th February 2019
staying in Paternoster, Western Cape
Dit was moeilik om toegang tot eetplekke te kry omdat 'n mens nie bewus is dat jy moet bespreek. Die inhoud van die winkels kan opgradeer word. Oor die algemeen is Paternoster 'n mooi vissersdorp vir 'n rustige vakansie.
Claudia B. - 27th February 2019
staying in Barrydale, Western Cape
Dis 'n pragtige dorpie met ongelooflike talent. Aandete by die Karoo Art Hotel was 'n hoogtepunt.
Anthony W. - 27th February 2019
staying in Paternoster, Western Cape
Rustig, strate is skoon en ons het veilig gevoel.
Monique P. - 27th February 2019
staying in Herold's Bay, Western Cape
Heroldsbaai kort net 'n lekker bekostigbare eetplek.
Andre S. - 27th February 2019
staying in Britannia Bay, Western Cape
Dit is 'n ontsaglike lekker kusdorpie om in te kuier en so rustig so dis die perfekte plekkie om heen te gaan as wil ontspan.
Riaan D. - 27th February 2019
staying in Bloubergrant, Western Cape
Sien sterre.
Kathe-mari S. - 27th February 2019
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert is 'n pragtige dorp, maar gaan tans baie swaar gebuk onder die droogte. Die dorp is nie mooi op die oomblik nie, maar sal altyd 'n bekoring inhou.
Henk M. - 27th February 2019
staying in Calitzdorp, Western Cape
Die dorp kom voor asof dit nie juis 'n geskiedkundige agtergrond het nie, behalwe die NG Kerk is daar geen ander van soortgelyke aard nie. Die besoek aan Boplaas was 'n teleurstelling, met geboue en kafee nie op dieselfde standaard in vergelyking met ander soortgelyke fasiliteite in die bedryf nie.
Henk M. - 27th February 2019
staying in Swellendam, Western Cape
'n Mooi en skoon dorp, nie net met wonderlike erfenis nie, maar ook vir die natuurliefhebber. Vooraf navorsing ten opsigte van die geskiedenis en omgewing sal baie bydra om beter waardering te hê (toerismekantoor was gesluit).
Henk M. - 27th February 2019
staying in Agulhas, Western Cape
'n Dorp met 'n aangename atmosfeer wat aan die verwagtinge van 'n klein kusdorp voldoen. Die hoogtepunt om aan die mees suidelike punt van Afrika te staan (met foto as bewys!), was 'n besondere ondervinding. Agulhas Nasionale Park verdien ook erkenning vir die uitstekende omgewing en fasiliteite wat hulle geskep het!
Thania O. - 27th February 2019
staying in Yzerfontein, Western Cape
My favourite holiday destination on the West Coast.
Henk M. - 27th February 2019
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Daar is so baie om te beleef en ervaar in en om Oudshoorn dat meer as een dag nodig is om meeste besienswaardighede te besoek. So, bietjie vooraf navorsing en beplanning sal baie bydra om die omgewing te waardeer, veral vanuit 'n geskiedkundige oogpunt.
Tania C. - 27th February 2019
staying in Yzerfontein, Western Cape
Daar is beslis 'n mark vir 'n groter geriefswinkel.
Allison P. - 27th February 2019
staying in Montagu, Western Cape
Great customer service.
Clara A. - 27th February 2019
staying in Hout Bay, Western Cape
Daar is so baie om te doen in Houtbaai, ons gaan definitief weer Houtbaai toe kom.
Veronica V. - 27th February 2019
staying in Stellenbosch Central, Western Cape
Skoon en gesellig.
Jamie-lee . - 26th February 2019
staying in Yzerfontein, Western Cape
Baie mense, vriendelike omgewing, wonderlike uitsigte. 'n Plekkie om heerlik net te ontspan.
Jolene B. - 26th February 2019
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Dis lekker wegbreek van die stedelike gejaag en rumoer. Lekker visvang-area en die pragtigste blou water en wit sand.
Michael S. - 26th February 2019
staying in St Helena Bay, Western Cape
Winkels en eetplekkies maak baie vroeg toe en paaie is nie watwonders nie. Nie dieselfde lekker Weskus-gevoel as Paternoster nie.
Maretha N. - 26th February 2019
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Baie mooi.
Pieter S. - 26th February 2019
staying in Still Bay West, Western Cape
Baie rustige atmosfeer en mooi omgewing.
Bazil K. - 26th February 2019
staying in Reebok, Western Cape
See you next time.
Helena H. - 26th February 2019
staying in Strand, Western Cape
Altyd lekker om by die strand met vakansie te wees alles is baie naby mekaar eetplekke, vermaak en die strand.
Gabriel M. - 26th February 2019
staying in Oudtshoorn, Western Cape
The place to be.
Monique C. - 26th February 2019
staying in Strand, Western Cape
Beautiful and breathtaking area to go on vacation.
Nelleke K. - 26th February 2019
staying in Cederberg, Western Cape
Ongelooflik mooi.
Jacobus B. - 26th February 2019
staying in Robertson, Western Cape
Lekker gekuier by 4 Cousins.
Marita L. - 26th February 2019
staying in Paternoster, Western Cape
Verfrissend anders en beslis die moeite werd. Die argitektuur en spierwit dakhuisies is uit 'n ander wêreld.
Mariska K. - 26th February 2019
staying in Witsand, Western Cape
Witsand is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die besige stad en winkelsentrums. Perfek vir vissermanne en ontspan op die strand met 'n boek. Nie baie winkels en restaurante beskikbaar nie, so pak die nodige kruideniersware in. Moenie verwag om hier meer te doen as net rus en tyd op die strand te spandeer nie, aangesien hier min besienswaardighede en uithangplekke is.
Tony C. - 26th February 2019
staying in Porterville, Western Cape
Friendly town.
Pieter V. - 26th February 2019
staying in Robertson, Western Cape
Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!
Lydia A. - 26th February 2019
staying in Stellenbosch Central, Western Cape
Fantasties, so baie om te doen!
Paul V. - 26th February 2019
staying in Bonnievale, Western Cape
Bonnievale moet een van die eerste plekke wees waar jy 'n naweekwegbreek uit die stad gaan soek! So baie opsies vir verblyf en aktiwiteite rondom die Breërivier.
Karin K. - 26th February 2019
staying in McGregor, Western Cape
Pragtige juweel van 'n klein dorpie baie interessante mense, plek om wel te gaan eet by is Farmers Table, kos was vars en goed voorberei met persoonlike aandag, klein restaurant wat ek hoop nog daar sal wees as ons weer gaan.
Marlene H. - 26th February 2019
staying in Hartenbos, Western Cape
Dis mooi strande, skoon en netjiese geriewe en vriendelike mense.
Africa M. - 26th February 2019
staying in Hartenbos, Western Cape
Awesome place.
Anthea L. - 26th February 2019
staying in Agulhas, Western Cape
Ons gunsteling bestemming, sal oor en oor soontoe gaan!
Betsie L. - 26th February 2019
staying in Paradyskloof, Western Cape
Beautiful surroundings!
Marlene H. - 26th February 2019
staying in Observatory, Western Cape
Daar is baie studente wat nie so goeie maniere het nie en ek moes 2 bakleiery aanskou.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com