Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Pragtige dorp en heerlike toerismebestemming in Karoo. Krediet aan die plaaslike munisipaliteit wat die belangrikheid van toerisme verstaan."
"Ek woon eintlik in die groter Kaapstadgebied. Dit sou volpunte verdien het indien die bekommernis oor veiligheid nie 'n rol gespeel het nie."
"Dit sou 5 sterre gehad het as dit nie vir die MyCiti bus dienste was nie. Wou Saterdag met die bus in gaan waterfront toe, maar het nie 'n MyCiti bus kaart gehad nie. Die bus bestuurder was baie onbehulpsaam en nors. Ons moes van Seal busstop loop in die reën na Table view stasie om 'n MyCiti bus kaart te kry. Sou gedink het hulle sou 'n beter sisteem gehad het vir sulke gevalle."
"Knysna is die ideale plek vir 'n romantiese wegbreek - die Waterfront is effens leeggeloop maar Thesen Island is pragtig en mens kan veilig tussen die winkeltjies ronddrentel. Daar is heelwat restaurante om van te kies en Freshline Fisheries het heerlike seekos (op pad Thesen Island toe) - niks fancy nie maar uitstekende waarde vir geld en heerlik voorberei. Tappas & Oyster in Thesen Island is ook 'n lekker kuierplek - sonder enige tierlantyntjies en fieterjasies. The Bell Pub is ook 'n moet - mens voel of jy in 'n klein Village in Engeland sit. Ille de Pain Bakery - lyk heerlik - ons het die plekkie ongelukkig eers ontdek na middagete maar van buite het dit na die ideale plek gelyk vir lekker etes."
"Lekker vakansieplek. Baie rustig en veilig. Al die mense baie vriendelik. Jy het baie om te doen. Daar's 'n Zipline, akwarium, shark diving, waterplank, lighuis het ook 'n restauran. warm baddens, lekker goedkoop restaurante met die mooiste see-uitsigte."
"Dit is 'n amazing kusdorpie veral vir die visserman. Is teleurgesteld in die 2 plekke waar ons geëet het. Die prys van kos pas nie by die kwaliteit. As ons weer 'n geleentheid het om terug te keer sal ons 100% selsorg wees om teleurstelling te voorkom. Die uiteetplekkies cater vir die toeriste in bedrag maar glad nie in waarde. Maar ek hoop om julle weer gou te sien!"
"Verskriklike mooi dorpie. Die see en die berge is baie mooi. Die mense is vriendelik en aangenaam. Klomp verskillende restaurante om van te kies met heerlike kos en meeste van hulle is troeteldiervriendelik. Verskriklik lekker gestap verby al die stalletjies en lekker roomys geeet. Ons het omtrent elke dag walvisse gesien, dit was asemrowend mooi en definitief een vir die boeke"
"Die was ons eerste keer in die Kaap, en ons is reg om tasse te kan pak en sommer soontoe te verhuis."