Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Francois S. - 20th August 2018
staying in Hersham, Western Cape
Pragtige plek en naby die see!
Tania S. - 20th August 2018
staying in Yzerfontein, Western Cape
Rustige dorp, met wonderlike natuurskoon.
Huibre L. - 20th August 2018
staying in Riversdale, Western Cape
Ons wou die ou tronk besoek. Groot was ons teleurstelling toe ons 12:50 daar aankom om te vind dat alles alreeds toegesluit was en die personeel besig is om te sluit. Volgens hulle webtuiste is hulle op 'n Saterdag oop tot 17:00!
Thys D. - 20th August 2018
staying in Riebeek West , Western Cape
Lekker rustige plek.
Johan C. - 20th August 2018
staying in Vredendal, Western Cape
Baie goeie tandarts op die dorp. Uitstekend toegerus en baie knap. Ons ry van baie ver af om hom te sien. Elke kilometer werd!
Claudene R. - 20th August 2018
staying in Rawsonville, Western Cape
Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei.
Mariska D. - 20th August 2018
staying in Stanford, Western Cape
Pragtige klein dorpie met baie besienswaardighede. Ongelukkig is van die restaurante in die wintermaande gesluit, maar daar is steeds baie eetplekke en winkeltjies om te besoek. Stanford het selfs 'n lieflike markie elke Saterdag op die stoep van die Stanford Hotel. Net buite die dorp is daar talle wynplase, 'n brouery en selfs twee kaasmakerye waarby mens ure kan omsit en ietsie eet en drink. Lieflike bestemming!
Nico V. - 20th August 2018
staying in Witsand, Western Cape
Our first time to Witsand, but definitely not the last. We have never seen so many whales in one place, and everywhere else I can think of one would have had to fight the crowds to see them.
Lucille F. - 20th August 2018
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Lieflike kusdorpie met 'n rustige atmosfeer waar 'n persoon kan gaan om die rustigheid en utisig daarvan te beleef en waardeer.
Werner V. - 20th August 2018
staying in George, Western Cape
Ek wil daar gaan bly.
Chantelle G. - 20th August 2018
staying in Jacobs Bay, Western Cape
Stil, pragtig en manna vir die siel.
Ruhan S. - 20th August 2018
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Pragtige, unieke dorpie met baie karakter en lieflike uitsigte.
Marita T. - 20th August 2018
staying in Kommetjie, Western Cape
Het net positiewe kommentaar oor Kommetjie.
Stephanie B. - 20th August 2018
staying in Paternoster, Western Cape
Beste plek aan die Weskus!
Steven W. - 20th August 2018
staying in Hermanus, Western Cape
Julle weet nie wat julle mis nie.
Elvira H. - 20th August 2018
staying in Kommetjie, Western Cape
I am looking forward to when the roadwork's are completed that would really add to the enjoyment of the trip to Kommetjie.
Feroza L. - 20th August 2018
staying in Bloubergstrand, Western Cape
Sal enige tyd weer daar vakansie gaan hou. Almal is vriendelik en ons het dit terdeë geniet.
Susan C. - 20th August 2018
staying in Velddrif, Western Cape
Ideale bestemming om die omgewing te verken tydens die blomseisoen en 'n Weskusvakansie te hou.
Tanya D. - 20th August 2018
staying in Brenton-on-Sea, Western Cape
Wow!
Huibrie D. - 20th August 2018
staying in De Rust, Western Cape
Pragtige dorpie! Dis beslis die moeite werd om bietjie die dorp te verken.
Maryna E. - 20th August 2018
staying in Cape Town CBD, Western Cape
Dis fantasties om te sien hoe skoon die strate is en dat mens tot middernag in die strate kan loop en veilig voel.
Shakirah A. - 20th August 2018
staying in George, Western Cape
George is beautiful with it's mountains and forests, wonderful tourist activities like the wildlife park, transport museum, botanical gardens, Outeniqua power van and the perfect combination between small town quaintness and big city conveniences. We would love to visit again!
Stella K. - 20th August 2018
staying in Strand, Western Cape
Ons kuier gereeld in die Strand omdat ons vriende daar het.
Arina S. - 20th August 2018
staying in Struisbaai, Western Cape
Lekker strande. Aangename plaaslike mense.
Johanna G. - 19th August 2018
staying in Hartenbos, Western Cape
Hartenbos se infrastruktuur het baie verbeter en myns insiens is dit 'n goeie vakansiebestemming.
Levina L. - 19th August 2018
staying in Prince Albert, Western Cape
Beplan eerder vir 'n dag meer as minder. Die dorpie het 'n aangename en positiewe indruk gemaak. Soveel om te beleef en te sien. Die Ghost Walk is 'n moet.
Jurgen B. - 19th August 2018
staying in Ladismith, Western Cape
Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel.
Dottie H. - 19th August 2018
staying in Tulbagh, Western Cape
Geskiedkundige dorpie. Vriendelike mense. Heerlike eetplekke.
Angelique N. - 19th August 2018
staying in Worcester, Western Cape
Heerlike aandete geëet by Fowlers en die beste koffie gedrink by Cafe Hugo. Baie lekker Parkrun.
Semone V. - 19th August 2018
staying in Brackenfell, Western Cape
Peaceful, very nice and quiet.
Bianka V. - 19th August 2018
staying in Hermanus, Western Cape
Pear Tree en Charred is a must.
Niel D. - 18th August 2018
staying in Witsand, Western Cape
Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante.
Cathy M. - 18th August 2018
staying in Vredendal, Western Cape
Winetasting, flower viewing, en route on the road between Cape Town and Namibia with many wonderful stops on the way.
Earle S. - 18th August 2018
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Altyd lekker by die see.
Kobus F. - 18th August 2018
staying in Milnerton, Western Cape
Wou nie terugkom nie.
Jo V. - 18th August 2018
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Te min gesien on werklik te oordeel.
Eric D. - 18th August 2018
staying in Prince Albert, Western Cape
Pragtig.
Magriet V. - 18th August 2018
staying in Worcester, Western Cape
Heerlike croissants by Daily Bread in die middedorp. Goeie diens ook!
Hermien P. - 18th August 2018
staying in Vanrhynsdorp, Western Cape
Besoek gerus die waterval. Dis 'n baie mooi roete om te stap!
Zelda D. - 18th August 2018
staying in St Helena Bay, Western Cape
Baie rustige deel van die kus. Nou-en-dan kry jy die reuk van die visfabriek (hang af hoe die wind waai), maar dit is geen probleem. Sal self in die omgewing wil bly.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com