Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.52 out of 5 based on 19733 reviews.
Hermann E. - 30th January 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak.
Eva N. - 29th January 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Restaurante bied nie 'craft beer' nie en daar is 'n paar goeie brouerye in die omtrek.
Ernst L. - 29th January 2017
staying in Robberg, Western Cape
The Robberg hike is a beautiful scenic hike that is recommended. It is not for people with mobility issues and good shoes, sufficient water and protection against the sun are necessary gear.
Anina W. - 29th January 2017
staying in Bloubergrant, Western Cape
Alles netjies - paaie, strande, voldoende parkering, straatbeligting, ens.
Olivia P. - 29th January 2017
staying in Cape Town CBD, Western Cape
Cape Town is an excellent travel destination.The city is very clean and safe and there are many areas one can look forward to visit. I love Camps Bay beach the most.
Hester F. - 29th January 2017
staying in Klapmuts, Western Cape
Klapmuts is gerieflik om verskillende plekke te besoek.
Chenel F. - 28th January 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Kan beslis Cup Of Cake langs die hotel vir uitmuntende koffie aanbeveel.
Johan B. - 28th January 2017
staying in Sandbaai , Western Cape
Gerieflik geleë naby Hermanus en dis redelik naby ander plekke soos Gordonsbaai en Somerset-Wes.
Johan N. - 27th January 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid.
Tina K. - 27th January 2017
staying in Durbanville, Western Cape
Gerieflik sentraal. Veilige omgewing.
Stef D. - 27th January 2017
staying in Greyton, Western Cape
Amazing plek!
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in De Kelders, Western Cape
Mal oor die grasperk by die privaat strand. Kinders kan veilig swem en ouers kan rustig agteroor sit en die natuur beskou.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Bellville, Western Cape
Dit is sentraal geleë om met gemak orals rond te beweeg in die Kaap.
Charmaine T. - 27th January 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
Uit 5 300 km vir 'n vakansie van 30 dae, was dit die enigste plek waar ek baie beslis my volgende Desember sou wou spandeer.
Michelle H. - 27th January 2017
staying in Bloubergrant, Western Cape
Dis die perfekte plek om te gaan ontspan!
Neil M. - 27th January 2017
staying in Melkbosstrand, Western Cape
Beslis 'n plekkie vir 'n lekker wegbreek en 'n bogemiddelde restaurant.
Alet K. - 26th January 2017
staying in Worcester, Western Cape
Die beste!
Christa D. - 26th January 2017
staying in Franschhoek, Western Cape
Pragtige omgewing.
Christa D. - 26th January 2017
staying in Noordhoek, Western Cape
Fietsryers maak paaie onveilig.
Thea R. - 26th January 2017
staying in Tergniet, Western Cape
Pragtige area langs die kus.
Deon C. - 26th January 2017
staying in Melkbosstrand, Western Cape
Netjiese, skoon dorpie met die mooiste wit branders. Die eetplekke is uitstekend.
Leonard S. - 26th January 2017
staying in Worcester, Western Cape
Baie stil op 'n Vrydagaand.
Annemarie N. - 26th January 2017
staying in Robertson, Western Cape
Robertson is 'n bekoorlike dorp.
Lauren M. - 26th January 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous.
Pierre G. - 26th January 2017
staying in Somerset West, Western Cape
Somerset-Wes is baie sentraal, stil en 'n veilige area.
Engela M. - 26th January 2017
staying in Vanrhynsdorp, Western Cape
Dis 'n knus dorpie met 'n hele paar aangename verrassings.
André B. - 26th January 2017
staying in Port Owen, Western Cape
Mooiste natuurskoon. Heerlike vakansiebestemming.
Johann G. - 26th January 2017
staying in Paternoster, Western Cape
We loved Paternoster and will definitely visit again.
Andries R. - 26th January 2017
staying in Worcester, Western Cape
Worcester is 'n baie lekker plek. Daar is nou nie veel om te doen nie, maar die mall en die stampkarre is verseker 'n pluspunt.
Ernst N. - 26th January 2017
staying in Blanco, Western Cape
Oorkant Fancourt.
Linda D. - 26th January 2017
staying in Hermanus, Western Cape
Veilig. Baie goeie restaurante. Lekker staproetes. Naby ander mooi dorpies wat 'n kuier werd is.
Johan K. - 26th January 2017
staying in Kalk Bay, Western Cape
Een van die beste plekke in die Kaap!
Gail N. - 26th January 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
If tranquillity, good security and friendly people is what you are looking for, then this is the place to be!
Frans V. - 26th January 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Saldanha is pragtig en die natuur is wonderlik. Elke foto en video wat ek geneem het is asemrowend. Langebaan, Paternoster, St Helenabaai, Tietiesbaai, ensovoorts, was naby genoeg en ons het elke aand tot laat langs die strand gestap en die sonsondergang bewonder.
Herman Melzer M. - 25th January 2017
staying in Franschhoek, Western Cape
Franschhoek is een uitmuntende toeristebestemming.
Lidia K. - 25th January 2017
staying in La Colline, Western Cape
Nie die beste area nie, maar ons het veilig gevoel en dit is naby alles in Stellenbosch waar ons moet wees.
Willem B. - 25th January 2017
staying in Beaufort West, Western Cape
Beaufort-Wes is meer 'n halfwegstasie op pad Kaap toe. Die lekkerste van die dorp is Karoo Nasionale Park, maar hulle chalet-verblyf raak te duur vir Jan Alleman. Dis beter met 'n Wild Card.
Madeleine M. - 25th January 2017
staying in Klapmuts, Western Cape
Pragtige plaasomgewing naby alle dorpe en stede, asook Stellenbosch Universiteit.
Christopher A. - 25th January 2017
staying in Citrusdal, Western Cape
We had a warm and hearty welcome, relaxed, took a hike to a waterfall, had a beautiful birthday dinner at "Bydidam". Lovely experience.
Sias G. - 25th January 2017
staying in Die Voor Bay, Western Cape
Lekker.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com