Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.52 out of 5 based on 19779 reviews.
Susan W. - 4th May 2016
staying in Hout Bay, Western Cape
Was 'n positiewe ervaring.
Elsabe S. - 3rd May 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert was nog altyd op my lys van plekke om te besoek en ek is nie teleurgestel nie. Die dorp is netjies en dit het my dadelik opgeval. Julle berge is asemrowend en die wyn baie lekker. Ons het Fernskloof besoek en lekker gesels met die eienaar en wynmaker. Ook die feit dat mens daar veilig voel was 'n groot pluspunt, veral vir ons stedelinge.
Leon F. - 3rd May 2016
staying in Franschhoek, Western Cape
Wil daar aftree. Mal oor die dorpie en ligging. Sal weer besoek.
Andri S. - 3rd May 2016
staying in Hout Bay, Western Cape
Houtbaai was wonderlik en sal definitief weer soontoe gaan.
Michelle R. - 3rd May 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Fantastiese dorpie met die vriendelikste mense!
Tanya W. - 3rd May 2016
staying in Montagu, Western Cape
Beautiful little place.
Elmene B. - 3rd May 2016
staying in Montagu, Western Cape
'n Vriendelike, netjiese dorpie.
Venecia V. - 3rd May 2016
staying in Robertson, Western Cape
'n Pragtige omgewing met wonderlike mense!
Yolandi J. - 3rd May 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Daar is baie om te doen en daar is oulike plaaslike restaurante om by te eet. Die dorp is ook baie skoon en netjies.
Kobus G. - 3rd May 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Uitstekend vir oornag.
Anne-marie V. - 3rd May 2016
staying in Welgemoed, Western Cape
Kan dit beslis aanbeveel!
Frank M. - 3rd May 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Mooi dorp. Interessante NG Kerk in die dorp - veral die kerk se kloktoring. Lekker sop geëet oorkant die kerk by The Old Gaol.
Chris P. - 3rd May 2016
staying in Great Brak River, Western Cape
Pragtige omgewing met baie besienswaardighede in omtrek.
Chris P. - 3rd May 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Mooi geskiedkundige dorp.
Floris B. - 3rd May 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Ek glo alles wat mens nodig het is in Beaufort-Wes te kry en te sien. Daar is baie besienswaardighede wat jy by die inligtingsentrum sal kan uitvind.
Dup D. - 2nd May 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Baie mooi plek.
Elna V. - 2nd May 2016
staying in Courtrai, Western Cape
Uitstekende ligging.
Annie D. - 2nd May 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Almal baie vriendelik, almal groet. Baie mooi, rustige plek, mooi natuurskoon, vir ure en ure langs die strand afgestap.
Louise C. - 2nd May 2016
staying in Worcester, Western Cape
Heerlik om die wynplase en oulike dorpies soos Rawsonville te besoek. Uitmuntende berge. Oulike padstalle.
Juliana T. - 2nd May 2016
staying in Montagu, Western Cape
Mooi skoon dorp en baie eetplekke.
Megan C. - 2nd May 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
We love Yzerfontein and it is well worth a visit. It is clean and tidy with beautiful beaches.
Chris S. - 1st May 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand.
Elsabie A. - 1st May 2016
staying in Bloubergrant, Western Cape
Goed geleë tov winkelsentums, restaurante en vulstasies. Naby die Waterfront en ander strande. Dankie aan die munisipaliteit se werkers wat elke dag rommel opgetel het, die gebied is uiters skoon. Daar was sigbare polisiëring wat ons veilig laat voel het. Die busse wat so gerieflik is maak dit ook baie maklik indien jy nie jou voertuig wil gebruik nie, wens ons hele land was so goed georganiseerd.
Cobus V. - 1st May 2016
staying in Rawsonville, Western Cape
Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak.
Nicci H. - 1st May 2016
staying in Robberg, Western Cape
This was my 2nd time that I came to Plett and specifically stayed in Robberg. This is my ultimate holiday destination and I will come back again and again!
Hester N. - 30th April 2016
staying in Tulbagh, Western Cape
Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek.
Ruan Davey D. - 30th April 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp.
Johan D. - 30th April 2016
staying in Worcester, Western Cape
Baie om te sien (Karoo Tuin en die omliggende omgewing).
Nic B. - 29th April 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse.
Trevor S. - 29th April 2016
staying in George, Western Cape
I rather liked George from a central point of view. Went to Mosselbaai for a flutter, and Knysna for a boat ride to the heads. Went to KKNK on the Saturday. Really enjoyed that.
Babs H. - 29th April 2016
staying in Green Point, Western Cape
Lekker naby aan die Waterfront, wat 'n pluspunt is.
Dalene C. - 29th April 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Baie lekker en 'n mens voel dadelik welkom.
Francisca A. - 29th April 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Ons sal beslis weer daar 'n draai gaan maak!
Monique P. - 29th April 2016
staying in Langebaan, Western Cape
It is very beautiful place I would definitely return to and explore more.
Jeff R. - 29th April 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges.
Christina S. - 29th April 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Die mooiste plekkie tussen die berge, met die lekkerste pizza's by Woodpecker.
Heinrich H. - 28th April 2016
staying in Franschhoek, Western Cape
Bied die toeris werklik baie. Natuurskoon, kuns, wyn, heerlike restaurante.
Kayleigh C. - 28th April 2016
staying in McGregor, Western Cape
McGregor is a beautiful little town. Very friendly people.
Berlinda N. - 28th April 2016
staying in Witzenberg Municipality, Western Cape
Naby die pragtige Tulbagh en die Zip Slide in Ceres en die pragtige natuurskoon maak dit 'n moet om te gaan.
Cecile T. - 28th April 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Yzerfontein is 'n klein Weskus-dorpie met vriendelike mense, 'n lieflike lang wit strand vir stap en bo alles voel 'n mens veilig daar.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com