Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.51 out of 5 based on 18767 reviews.
Wynand B. - 14th May 2015
staying in Clanwilliam, Western Cape
Clanwilliam is 'n baie klein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Indien iemand na Clanwilliam toe gaan moet mens maar biedjie rondry en die ander nabye dorpies besoek.
Theuns K. - 14th May 2015
staying in Paternoster, Western Cape
Hemel op aarde!
Emercia D. - 14th May 2015
staying in Yzerfontein, Western Cape
'n Baie lekker rustige dorp met genoeg van die basiese fasiliteite wat benodig word. Naby Kaapstad geleë vir 'n dagbesoek aan Kaapstad.
Chris D. - 14th May 2015
staying in Calypso Beach, Western Cape
Calypso Beach baie netjiese en mooi plek.
Bertus T. - 14th May 2015
staying in Langebaan, Western Cape
What a fantastic town, we really enjoyed Langebaan. Will definitely visit Langebaan again.
Anneliese C. - 14th May 2015
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Riebeek-Kasteek is definitief die moeite werd om te besoek en bied aan besoekers die geleentheid om weg te kom van die stad vir 'n totale wegbreek geleentheid. Heerlike eetplekke, met olyfplase en wynproe-geleenthede in die dorp en omliggende plase. Absoluut die moeite werd om te besoek.
Karyn J. - 14th May 2015
staying in Pearly Beach, Western Cape
Quiet town perfect as a get away from the stress of city living.
Myrna V. - 14th May 2015
staying in Ceres, Western Cape
Ons het probeer by alles uitkom maar die tyd was ongelukkig net te kort.
Vasti V. - 13th May 2015
staying in Franschhoek, Western Cape
Shoe, wat kan 'n mens nou nie sê oor Franschhoek nie?! Ons het soveel moontlik probeer doen, van chocolate tasting en lesson, massages by Camelot Spa Franschhoek, tot horse back riding terwyl ons wingerde besoek het. Glo my, ons was lekker seer na daai perderit, maar was dit alles die moeite werd. Mens spoil jouself so nou en dan, as jy so lekker sjef-kosse en -disse wil eet.
Suzette V. - 13th May 2015
staying in Montagu, Western Cape
'n Pragtige plattelandse dorpie.
Pieter C. - 13th May 2015
staying in Paarl, Western Cape
Paarl is baie sentraal en goed geleë vir wynliefhebbers.
Andre E. - 12th May 2015
staying in Glentana, Western Cape
Baie veilige en rustige area.
Dirk V. - 12th May 2015
staying in Piesang Valley, Western Cape
Goeie ligging tot strand.
Eddie W. - 12th May 2015
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier.
Ohra V. - 11th May 2015
staying in Bredasdorp, Western Cape
Daar is soveel meer in Bredasdorp om te doen as wat ek aanvanklik gedink het. Besoek beslis die Red Windmill tussen Napier en Bredasdorp, sowel as The Black Oster vir wyn en pragtige kos. Was baie beïndruk met die dorp en die omgewing.
Leone M. - 11th May 2015
staying in Paradise, Western Cape
Knysna kan as Paradys beskou word. :) Daar is genoeg om te doen en te sien. Die uitstappie na Western Head was heerlik. En die bos 'n onbeskryflike belewenis.
Marcelle H. - 11th May 2015
staying in Bellville, Western Cape
Ons is oorspronklik van Bellville so ken dit baie goed.
Ralph A. - 11th May 2015
staying in Hout Bay, Western Cape
Baie mooi plek! 5 sterre.
Eduard D. - 11th May 2015
staying in Little Brak, Western Cape
Baie om te sien, rustig en vele aktiwiteite in die omgewing.
Pat & Johan G. - 11th May 2015
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Ons ken Oudtshoorn baie goed. Het al baie daar gekuier omdat ons vriende het van oor die 40 jaar. Het dus nie die toeristeaantrekking plekke besoek nie.
Estelle M. - 10th May 2015
staying in Franschhoek, Western Cape
Laat genoeg tyd toe om die plek te verken. Daar is so baie interessante plekke om te besoek. Doen navorsing voor jy gaan. Die toerismeburo het baie inligting. Die plek was nie so duur soos ons verwag het nie, maar dit was buiteseisoen.
Joe O. - 9th May 2015
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Very comforting.
Esther B. - 8th May 2015
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Die openbare geriewe is silwerskoon - alle eer aan die klein dametjie by die openbare toilette agter die Spur. Die mense van die dorpie is sommer my dam se ganse, en groete aan Koos, die liewe hond by die geskenkwinkel! Ek sal sommer baie graag permanent daar wil gaan nesskrop!
Tricia B. - 8th May 2015
staying in Brackenfell, Western Cape
Close to many areas.
Lucretia D. - 8th May 2015
staying in Ceres, Western Cape
Baie lekker weer.
Johan K. - 8th May 2015
staying in Britannia Bay, Western Cape
Dis 'n moet sien as jy nog nie die deel van ons land gesien het nie. Naby aan juwele soos Jacobsbaai, Paternoster en Tietiesbaai om maar 'n paar te noem.
Irma V. - 7th May 2015
staying in Big Bay, Western Cape
Big Bay is net absoluut beautiful! En 'n baie lekker vakansiebestemming. Pragtige uitsigte, restaurante top gehalte.
Verne V. - 7th May 2015
staying in Langebaan, Western Cape
Ons het dit ongelukkig getref dat die Lagoon Fees aan die gang was, en parkering om by 'n eetplekke uit te kom was bykans onmoontlik, maar Langebaan is 'n baie aangename bestemming en ons sal dit sterk aanbeveel!
Magda E. - 7th May 2015
staying in Prince Albert, Western Cape
Die skoonste, netjieste, pragtigste plekkie.
Lizette H. - 7th May 2015
staying in Great Brak River, Western Cape
Fantasties.
Bert M. - 7th May 2015
staying in Bellville, Western Cape
Baie sentraal, naby snelweg aansluiting geleë wat dit baie gerieflik maak.
Hennie G. - 7th May 2015
staying in Barrydale, Western Cape
Het ons tweede kort kuier hier geniet, maar ek dink nie ons sal gou terug gaan nie, nie omdat iets verkeerd is nie, maar net bloot omdat ons reeds alles gedoen het wat ons wou. Beveel Anton se Boekhuis langs die OK sterk aan, asook die brandewyn-proe by die kelder en dan natuurlik ook 'n milkshake by Diesel & Creme!
Tracy D. - 7th May 2015
staying in Stellenbosch, Western Cape
My ou studente dorp, kan nie vir beter vra nie!
Anja V. - 7th May 2015
staying in Prince Albert, Western Cape
Mooi dorpie.
Lorraine T. - 7th May 2015
staying in Prince Albert, Western Cape
A pretty, quaint village, well worth visiting. We love the idea of a theatre in town!
Mariaan K. - 7th May 2015
staying in Sandbaai , Western Cape
Pragtige plek.
Adrie D. - 7th May 2015
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer.
Heike F. - 7th May 2015
staying in Langebaan, Western Cape
Daar was 'n fees gewees die naweek wat ons daar was maar was baie swak geadverteer. Dink hulle kan regtig daaraan werk. Verder is dit een awesome dorp.
Riaan B. - 7th May 2015
staying in Greyton, Western Cape
Probeer die Saterdag plaasmark en neem gerus ekstra kontant vir al die lekker eetgoed!
Azille V. - 7th May 2015
staying in Yzerfontein, Western Cape
Ons het 'n troue by Die Strandkombuis bygewoon en die kos was heerlik!

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com