Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Attie J. - 28th August 2017
staying in Beaufort West, Western Cape
Met die Karoo Nasionale Park naby is dit 'n toeristebestemmimg. Ons het by die slaghuis uitstekende diens ontvang.
Juliana O. - 28th August 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Paternoster is een van die beste kusdorpies om in te bly.
Aronette M. - 28th August 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Fantastiese dorp met goeie diens.
George J. - 28th August 2017
staying in Kleinmond, Western Cape
Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend.
Schalk S. - 28th August 2017
staying in Beaufort West, Western Cape
Beaufort-Wes is nie net 'n goedgeplaasde oorslaapplek vir toeriste nie; dit bied ook interessante besienswaardighede in die dorp en omgewing wat maak dat mens eintlik meer as een nag daar moet oorbly.
Danica D. - 28th August 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie.
Elmie V. - 28th August 2017
staying in Vermont, Western Cape
Geen probleem ondervind nie. Het altyd veilig gevoel.
Marietjie T. - 28th August 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie.
Martie B. - 28th August 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
'n Pragtige dorp en die onverwagte sneeu was vir ons 'n eerste sedert ons al die afgelope 20 jaar jaarliks kom kuier.
At S. - 28th August 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!
Jan B. - 28th August 2017
staying in Herold's Bay, Western Cape
Wens ek kan 'n plekkie soos die waar ons gebly het daar koop, dit is my droom.
Wilbur B. - 28th August 2017
staying in Langebaan, Western Cape
Nice.
Annatjie L. - 28th August 2017
staying in Citrusdal, Western Cape
Moet nooit op 'n Vrydagagtermiddag of Saterdagoggend probeer om in Citrusdal te gaan inkopies doen nie. Daar is geen plek om te stap nie en in 'n winkel kan jy niks koop nie, want die rye by die kasregisters staan tot agter in die winkels. Dit is 'n nagmerrie.
Jos D. - 28th August 2017
staying in Arniston, Western Cape
Dankie vir jul vriendelike diens en begrip!
Paul B. - 28th August 2017
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme.
Roy H. - 28th August 2017
staying in Port Owen, Western Cape
Ons moet liewers Port Owen 'n geheim hou anders sal hy vertrap word.
Chris E. - 28th August 2017
staying in Vanrhynsdorp, Western Cape
Goed geleƫ.
Sapna G. - 28th August 2017
staying in Claremont, Western Cape
Very central area. Close to Constantia winelands, highwayand beaches... They are all just a few minutes away.
Cornel B. - 28th August 2017
staying in Darling, Western Cape
The people are very friendly and eager to help.
Maritha D. - 28th August 2017
staying in Rondebosch, Western Cape
Het voorsien in al ons behoeftes. Pragtige area.
Cindy K. - 28th August 2017
staying in Port Owen, Western Cape
An absolutely beautiful little haven that is safe and tranquil.
Samuel J. - 28th August 2017
staying in Doringbaai, Western Cape
Baie vriendelike inwoners, toeriste sluit daarby aan.
Antoinette P. - 28th August 2017
staying in Wilderness, Western Cape
Wildernis sien ons beslis binnekort weer!
Laureen J. - 28th August 2017
staying in Strand, Western Cape
Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring.
Averencia C. - 28th August 2017
staying in Worcester, Western Cape
Baie mooi plek, lekker winkels en als was goed en wel.
Johann S. - 28th August 2017
staying in Onrus, Western Cape
Lekker plek.
Rencia E. - 28th August 2017
staying in Still Bay, Western Cape
Beste eetplek is "On the Rock"... Die kos en diens is uitstekend.
Zelma G. - 28th August 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
As familie, is Hartenbos die beste verblyf regdeur die jaar.
Allen C. - 28th August 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Miskien beter pad tekens. baie mense het hul doodgesoek na die warm swembad. As jy nie die dorp ken nie, sukkel jy nogal, en moet ander mense vra.
Van Zyl A. - 28th August 2017
staying in Nature's Valley, Western Cape
Was en bly een van my geliefkoosde plekkies om te besoek. Was lekker om die hele naweek daar te kon spandeer.
Anel H. - 28th August 2017
staying in Hout Bay, Western Cape
Ons is mal oor Houtbaai. Baie om te doen en naby alles.
Japie V. - 28th August 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Wat 'n pragtige plek!
Megan M. - 28th August 2017
staying in Plattekloof, Western Cape
Very peaceful.
Anna-marie N. - 28th August 2017
staying in Swellendam, Western Cape
Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies.
Benita V. - 28th August 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
Ons is Weskus-mense. Sal dus altyd die Weskus aanbeveel.
Ciska C. - 28th August 2017
staying in Boland, Western Cape
Stunning scenery when the canola is in bloom!
Zelda O. - 28th August 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
Beeldskoon, baie netjies.
Linette H. - 28th August 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Hou baie van die Weskus
Jeremy J. - 28th August 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Rustige dorpie met baie fasiliteite. Hope winkel sentrums.
Japie V. - 28th August 2017
staying in Vredendal, Western Cape
Het dit in die winter beleef, dink dit is pragtig in die somer as al die wingerde groen is.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com