Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Adam O. - 9th July 2017
staying in Lamberts Bay, Western Cape
'n Lekker dorp.
Jennifer M. - 9th July 2017
staying in Hermanus, Western Cape
Hermanus is beautiful but not in season when traffic is very congested.
Smaragda K. - 9th July 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Pragtige dorpie.
Anton V. - 8th July 2017
staying in Ladismith, Western Cape
Die seweweekspoort is mooi.
Lianie D. - 8th July 2017
staying in Knysna, Western Cape
Ten spyte van die onlangse brande bly Knysna 'n gewilde toerisme-bestemming en die areas rondom die waterfront is onaangeraak. Die dorp se aanwysings na besienswaardighede kan egter opgeknap word. Weens die swaar verkeer is dit moeilik om in die strate te navigeer en kan mens nie sommer omdraai as jy 'n afdraai gemis het nie.
Danie D. - 8th July 2017
staying in Strand, Western Cape
Bietjie deurmekaar met verkeer gewees in Strandstraat agv werk wat gedoen word op sypaadjie. Dit is te verstane omdat die plek verbeter word en mooi gaan lyk as dit klaar is. Daar is darem ompaaie om te ry.
Hanle L. - 8th July 2017
staying in George, Western Cape
Die aarbeiplaas was heerlik en die mall het al die nodige winkels!
Doeke T. - 8th July 2017
staying in Franschhoek, Western Cape
Altyd 'n goeie bestemming vir die wyn- en kosliefhebber!
Karen L. - 8th July 2017
staying in Hout Bay, Western Cape
Houtbaai is 'n pragtige plek met baie eetplekke om van te kies, asook genoeg winkels vir gerieflike inkopies doen. Dit is ook sentraal gelee.
Holly H. - 8th July 2017
staying in Elands Bay, Western Cape
Most wonderful destination.
Eugene J. - 8th July 2017
staying in Robertson, Western Cape
Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam.
Coretha A. - 8th July 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Vrede op aarde dorpie.
Gafley C. - 8th July 2017
staying in Tulbagh, Western Cape
Beautiful town with interesting heritage and places to visit.
Hendrik V. - 8th July 2017
staying in Bellville, Western Cape
Kaapstad self is die toeriste aantreklikheid met Tafelberg, die kusplekkies; veral Kaappunt en die historiese voorstede. Bellville is egter nie te ver geleë van hierdie toeriste aantreklikhede nie. Daar is egter groot winkelsentrums binne maklike bereikbare afstand van Bellville soos Tygervallei en Canal Walk.
Allen G. - 8th July 2017
staying in Elands Bay, Western Cape
Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig.
Marna N. - 8th July 2017
staying in Vlees Bay, Western Cape
Pragtig! Beslis besondere en unieke plek.
Jaco B. - 7th July 2017
staying in Langebaan, Western Cape
Langebaan is 'n baie rustige en 'n mooi area. Ek sal mense definitief aanraai om daar te gaan ontspan vir 'n naweek of 2.
Helene A. - 7th July 2017
staying in Swellendam, Western Cape
Swellendam is 'n pragtige dorp met die asemrowende berge aan die noorde kant. Sal dit as 'n bestemming vir 'n paar dae se kuier aanbeveel.
Peet C. - 7th July 2017
staying in Barrydale, Western Cape
Pragtige dorp.
Corrie K. - 7th July 2017
staying in Bovlei, Western Cape
Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek.
Lize B. - 7th July 2017
staying in Bredasdorp, Western Cape
Beslis die moeite werd, baie mooi dorpie in die Overberg. Was verras.
Janine N. - 7th July 2017
staying in Knysna, Western Cape
Al het meeste van die natuur weg gebrand was dit steeds 'n wonderlike ervaring. Uitsig en sonsondergang was onbeskryflik mooi!
Jo-anne G. - 7th July 2017
staying in Harkerville, Western Cape
Die plek is pragtig. Ons het die tyd weg geniet. Dis net ver van die Kaap af, anders sou ons gou weer gaan.
Anton D. - 7th July 2017
staying in Big Bay, Western Cape
Daar is 'n redelike verskeidenheid van winkels beskikbaar in Seaside Village kompleks om die meeste van jou behoeftes te bevredig. Net jammer Checkers was besig met opknapping met die gevolg dat die winkel redelik deurmekaar was.Ons net nie regtig die geleentheid gebruik om meer van die Big Bay omgewing te leer ken nie, tyd was te beperk.
Spencer T. - 7th July 2017
staying in City Bowl, Western Cape
Great destination.
Spencer T. - 7th July 2017
staying in City Bowl, Western Cape
Great place.
Philip K. - 7th July 2017
staying in Die Voor Bay, Western Cape
Langeberg winkelsentrum is baie naby - met alle winkels waaraan jy kan dink.
Pieter R. - 7th July 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Ons het die Krokodil Ranch besoek en die mooiste wilde diere daar gesien. Mens voel jammer vir die diere in hokke, maar die mense daar doen wonderlike werk met die jagluiperds. Ons het die volstruisplaas ook besoek en dit was baie lekker en goed. Daar is nog baie dinge om daar te doen. Die dorp is netjies en skoon met 'n lekker toerismeburo waar jy alles kan uitvind.
Louis V. - 7th July 2017
staying in Greyton, Western Cape
Verken die (klein mooi dorpie) te voet, eet lekker uit, besoek beslis Genadendal se museum, en gaan stap in die natuurreservaat. Vir wynliefhebbers: julle moet wynproe by Andy Mitchell wines reël! Gluten-vrye opsies kon ons in die dorpie opspoor.
Wilhemina I. - 7th July 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Saldanha is an amazing destination.
Ingrid A. - 6th July 2017
staying in Wilderness, Western Cape
Sentraal, prentjiemooi.
Mandie V. - 6th July 2017
staying in Jongensfontein, Western Cape
Die beste! Enig in sy soort! Uniek! Kos vir my siel!
Willie S. - 6th July 2017
staying in Woodbridge Island, Western Cape
Die restaurante kan verseker verbeter op die Eiland.
Andre H. - 6th July 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Hartenbos bly maar nommer 1 op ons vakansielys.
Hennie B. - 6th July 2017
staying in Gardens, Western Cape
Tuine is baie sentraal in Kaapstad geleë en ons kon lekker rondstap na restaurante en winkels. Die area is veilig en netjies.
Linda M. - 6th July 2017
staying in Cape Town CBD, Western Cape
Will come back.
Rachel M. - 5th July 2017
staying in Stellenbosch, Western Cape
Enig in sy soort: studentedorp, toeristebestemming, natuurskoon, sentraal geleë - dit is Stellenboch. En sy mense maak seker dat enige besoeker al hierdie kwaliteite in 'n kort tyd raaksien, geniet en die beste herinneringe saamneem (tot volgende keer).
Collin B. - 5th July 2017
staying in Citrusdal, Western Cape
Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt.
Olma V. - 5th July 2017
staying in Wilderness, Western Cape
Ideaal met George Lughawe wat naby is en Wildernis is op die N2-roete. In die middel van Kaapstad en Port Elizabeth.
Willie G. - 5th July 2017
staying in Wittedrif, Western Cape
Dit is 'n baie mooi en rustige landelike bestemming. Wittedrif, die dorpie self, is 'n rustige plekkie met mooi huise. Dit moet lekker rustig wees om daar te bly en steeds te weet jy is nie te ver van sekere noodsaaklike dinge soos dokters, goeie winkels, ens. nie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com