Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Braam B. - 22nd June 2017
staying in Pearly Beach, Western Cape
Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie.
Henriette B. - 22nd June 2017
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Lambertsbaai het interessante plekke soos die museum by Van Pittensvlei (3 km uit die dorp) en die restourant tussen die rotse op die plaas langsaan, Bosduifklip. Die hawe met sy vars snoek was wonderlik. Heerlike viskos by Issabella's by Malgaseiland was net so lekker!
Danie O. - 22nd June 2017
staying in Tulbagh, Western Cape
Ongelukkig is Tulbagh besig om te verval en min nuwe ontwikkeling vind plaas.
Jeanette P. - 22nd June 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Saldanha is a industrial town with its iron works it is a good place too stay and travel around other areas of the West Coast.
Lynette L. - 22nd June 2017
staying in Sandbaai , Western Cape
Beslis 'n kuier werd.
Martin B. - 22nd June 2017
staying in Sandbaai , Western Cape
Ons was baie beindruk met Sandbaai en die omgewing.
Mike D. - 22nd June 2017
staying in Klein Karoo, Western Cape
Although we only spent 1 night in van Wyksdorp, we spent most of our weeks holiday in the Karoo. It was a great get away from the city. Quiet, peaceful and sunny while it poured with rain in the Cape Town area. It was great to explore all the towns we weren't familiar with and the gravel roads and passes in between. The Karoo has a beauty of its own.
Lorraine D. - 22nd June 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Saldanha is 'n unieke dorpie met sy eie kultuur. Naby genoeg aan Langebaan en ander besieningswaardighede.
Petro P. - 22nd June 2017
staying in Jacobs Bay, Western Cape
Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles.
Hanno S. - 22nd June 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
Baie mooi Weskusdorpie.
Piet N. - 22nd June 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Lekker klimaat en goeie restaurante.
Tiana V. - 22nd June 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Oudtshoorn is een van die juwele van Suid-Afika! Die Kangogrotte, Hi-Gate Volstuisplaas, die Krokodilplaas (met pumas ingesluit) en Wilgewandel vir die jongspan, met sy kameelritte en foefie slide, is als bereikbaar binne minder as 'n halfuur se ry. Dan is daar boonop Meiringspoort, die asemrowendste poort in Suid-Afrika, wat so 'n uur se ry weg is. Vir 'n onvergeetlike dagreis, kan mens gaan kuier in die Hel, wat afdraai uit die Swartbergpas. Andersins, kan mens uitry vir die dag na Prins Albert, via die Swartbergpas of Meiringspoort.
Katelynn W. - 22nd June 2017
staying in Durbanville, Western Cape
Baie nice plek.
Jo-maré W. - 22nd June 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Gewoonlik baie koud en wind wat waai, maar het fantastiese weer gehad!
Ina M. - 22nd June 2017
staying in Lamberts Bay, Western Cape
As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel.
Hansa U. - 22nd June 2017
staying in Prince Albert Road, Western Cape
Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip.
Verona V. - 22nd June 2017
staying in Kuilsrivier, Western Cape
Kuilsriver is very tranquil and the perfect suburb to get away from the hussle and bussle of the city life.
Annelene J. - 22nd June 2017
staying in Tulbagh, Western Cape
Pragtige dorpie.
Thea R. - 22nd June 2017
staying in Calitzdorp, Western Cape
Geweldige gasvrye mense. Die Port in die area is puik.
Gussie G. - 22nd June 2017
staying in Jacobs Bay, Western Cape
Jacobsbaai is asemrowend mooi.
Jacolene L. - 22nd June 2017
staying in Worcester, Western Cape
Boland is altyd pragtig.
Deon D. - 22nd June 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Paternoster is 'n wonderlike vakansiebestemming as jy hou van stilte en rustigheid. Die paar eetplekke wat ons besoek het staan vir niemand terug nie. By De Seekat het ek die heerlikste kingklip van my lewe gehad en Voorstrand se snoek-samoosas is baie lekker. Die winkeltjies bied alles wat mens nodig het en die Oumabrood en biltong by die Express was heerlik. Daar is ongelukkig 'n klein bedelaars-element teenwoordig in die dorp. Ek dink wel mens moet maar na Langebaan toe ry vir vleis. Vanaf Paternoster is daar 'n hele paar plekke in gemaklike ryafstand om op te soek, maar anders kan mens maar net op die strand bly en die skoonheid van die omgewing indrink.
Lance E. - 22nd June 2017
staying in Langebaan, Western Cape
Langebaan is 'n mooi, rustige Weskusdorpie.
Lenie B. - 22nd June 2017
staying in West Coast, Western Cape
Ek is nie erg oor Weskus nie (het daar grootgeword), want dit is te koud.
Andre D. - 22nd June 2017
staying in Yzerfontein, Western Cape
Pragtige dorp met pragtige strande. Baie netjiese dorp met geleenthede vir lekker stap in die natuurgebiede.
Gerda D. - 22nd June 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Wonderlike gasvrye bestemming.
Bradley P. - 22nd June 2017
staying in Stellenbosch, Western Cape
Mooi dorp en die plek sal weer besoek af en toe.
Des P. - 22nd June 2017
staying in Witsand, Western Cape
Ek het nie soveel vis gevang as wat ek gehoop het nie, maar volgende keer! Ons het van ons vriende na Witsand verwys en hulle was so beïndruk dat hulle dadelik 'n vakansiehuis gekoop het. So, Witsand rock!
Joy S. - 22nd June 2017
staying in Rawsonville, Western Cape
Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan.
Anel H. - 22nd June 2017
staying in Hout Bay, Western Cape
Stunning plek!!
Charlene D. - 22nd June 2017
staying in Elands Bay, Western Cape
Elandsbaai is kleiner as wat 'n mens verwag, en des te beter daarvoor. Ons sal dit beslis weer besoek.
Kevin W. - 22nd June 2017
staying in Struisbaai, Western Cape
'n Lekker bestemming met goeie eetplekke en baie om te doen in en om die omgewing. 'n Fantastiese swemstrand.
Poppie T. - 22nd June 2017
staying in Calypso Beach, Western Cape
Kamer en huis se dekor doen amper afbreuk aan die mooi uitsig - instandhouding sal gedoen moet word om die klein dingetjies netjies en versorg te hou. Ons kamer se yskassie kon net vries, al was dit op heel warm gestel. Dit kan dalk 'n probleem wees vir mense wat langer oorbly.
Bambie En Marianne S. - 22nd June 2017
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg.
Amour V. - 22nd June 2017
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorp. Die mense is vriendelik en plat op die aarde. Die Riebeek Vallei Kwekery is absoluut fantasties en vir enigeen wat lief is vir tuinmaak en hou van inheemse plante kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Die plek is 'n juweel en die eienaar se kennis is ongelooflik. Die hele vallei is iets besonders.
Stan V. - 22nd June 2017
staying in George, Western Cape
Mooi mense.
Nicole H. - 22nd June 2017
staying in Betty's Bay, Western Cape
Net genoeg van alles en nie te veel van enigiets nie.
Piet P. - 22nd June 2017
staying in Scarborough, Western Cape
Gaan na Kaappunt as jy nog nooit daar was nie. Ry rond of stap rond of ry met jou fiets. Die omgewing is beeldskoon.
Tania T. - 22nd June 2017
staying in Struisbaai, Western Cape
Ons het ook 'n baie lekker ervaring by die Sea Shack in Struisbaai gehad. Hul kos is heerlik, pryse baie billik en hul is baie gasvry.
Chrisna D. - 22nd June 2017
staying in Swellendam, Western Cape
Die dorpie en argitektuur is baie mooi. Dis klein, maar nie dood nie. Daar is baie lekker restaurante! Aangename mense ook. Kan in die hoofstraat stop en die hele dorpie sommer te voet verken as jy hou van stap. Sal graag die Rain Spa nog wil probeer. Dit lyk na iets besonders. Sal egter nie vir langer as twee dae bly nie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com